top of page
Crito

Volpunte!

Die Giliomee-resensie is informatief en indringend - die soort pitkos wat 'n leser graag op 'n Sondag wil hê. Jy kry konteks en tekstuur, plus 'n resensent wat duidelik 'n eie beskouing ook het.

Willie Burger se resensie is eintlik 'n kosbare bydrae tot die resensiekunde. Dit bespreek tegelyk die boek onder hande, en sluit aan by 'n debat wat 'n paar jaar gelede veral uit een spesifieke oord oor Van Heerden se taalgebruik aan die gang gesit is.

Vir die ingeligtes is daar dus 'n lekker implisiete smoelneuker waaraan hulle hul kan verkneukel, en vir diegene wat nie daarvan bewus is nie, 'n baie goeie en toeganklike ontleding van die retoriese kragtoer van "Dertig nagte in Amsterdam".

Hierdie boekeblad skeur ek uit om te hou.

0 views

Recent Posts

See All

Swaai sterk

Soveel as wat ek saamstem met die toekenning van KykNet en Rapport se pryse vir die beste boekresensente van 2021 aan Jean Meiring,...

Irritasie

Ja, die kat kom terug. Lekker lang vakansie. Rustige dae met die Suid-Afrikaanse ambassadepersoneel terwyl ek probeer om my lewe weer...

El anciano gooi mielies

Kon sweer ek het Breyten Breytenbach gister in Barcelona sien stap. Dit blyk toe egter ’n ou Spaanse omie te wees, en ek sit met die daai...

Comments


bottom of page