top of page

Irritasie

  • Crito
  • Sep 22, 2022
  • 3 min read

Ja, die kat kom terug. Lekker lang vakansie. Rustige dae met die Suid-Afrikaanse ambassadepersoneel terwyl ek probeer om my lewe weer agtermekaar te kry nadat ’n tweevoetige eweknie van harige Mangalitsa-varke my van ’n rugsak met dokumente, laptop en foon beroof het.

Ná so ’n bevlekte reis is dit natuurlik uiters deprimerend om liggaam en siel te versoen met ’n tekort aan likiede bates. En dít terwyl die mense steeds oor dieselfde dinge praat: Eskom, ons geliefde regering met hul fantoomdenke, en die Springbokke wat nie kan besluit of hulle kom of gaan nie. Lyk my die een losskakel dink gladnie aan gaan nie.

Ek probeer my gedagtes by boeke hou - brand selfs van nuuskierigheid om te sien wie Saterdagaand aangewys gaan word as die wenners van KykNet en Rapport se pryse vir die beste resensente. Dalk is dit ’n verrassing.

Ek het nog nie heeltemal ingehaal op die verlore maand se resensies nie. Die paar wat ek wel gelees het, het my die gloede laat kry. Kan ’n vrou stilbly oor al die irritasies?

Kom ek begin by die een wat die minste aan my stukkende nerwe gevryf het - Audrey Jantjies se resensie oor Flora van Engela Ovies (Rapport). Die sterk raamwerk van haar bespreking is die manier waarop sy met die verhaal en sy problematiek identifiseer. Dit anker haar geesdrif vir die skrywer en die boek.

Die waarde van haar resensie lê in die manier waarop sy haar reaksie op die boek oordra, sonder om die hele verhaal oop te flerts.

Maar sy het die nuk om kritiek te antisipeer - “hoe onrealisties die romangebeure ook al vir sommige lesers mag lyk” - en dit stel haar in die versoeking. “Ek herken elkeen van hulle; dit is mý mense” sê sy in die loop van haar argument.

So iets is sekerlik onnodig, Flora se sosiaal-realisme is sterk genoeg om dit nog lank aktueel te hou. Maar as mens dink aan die soort kritiek wat Jochem van Bruggen aanvanklik oor sy Ampie-trilogie moes verduur, net minder as ’n eeu gelede, kan mens Jantjies se invalshoek verstaan.

Maar uiteindelik raak dit ’n milde irritasie - vanwaar die sug dat alles absoluut realisties moet wees, moet strook met die werklikheid? Jantjies is bekommerd dat haar lesers nie sal snap dat sy as leser dikwels dinge raakgelees het wat vir haar alte herkenbaar was. Die gevaar is uiteraard dat só ’n aanpak gou na ’n geteem begin klink.

Hou sou Jantjies die gegewe van Irma Venter se Die verkeerde vrou benader het? Dis nogal ’n probleem met fiksie wat juis nie gemeet wil word aan aktualiteit en sosiale realisme nie - uit watter emosionele put kan die resensent dan waters van berusting skep?

Vir my gevoel gebeur dit te dikwels dat resensente met die werk van ’n gevestigde skrywer gekonfronteer word, en skielik sit hy/sy/dé sonder die kritiese instrumente om én gaap én opgewondenheid onder woorde te bring.

Dan som hulle maar die storie op en kry ’n paar bokke daarvoor.

Ek wil Stefaans Coetzee se bespreking van Die verkeerde vrou deur Irma Venter (Boeke24) en Adele Vorster se bespreking van Isa Konrad se Vleisfees op Karibib (Rapport) om hierdie rede by die Irritasie-polisie aangee.

Dis ’n ernstige oortreding, wat nie alleen lei tot die verveling van die koerantleser nie, maar belangstelling in die boek reduseer omdat mens mos nou weet wat die storie is. Al verklap hulle nie die slot nie.

Uit die twee besprekings kan ’n mens aflei dat Coetzer en Vorster skrander mense is wat snap wat te snappe is. Maar Vorster sou haar ervaring van Vleisfees op Karibib in een paragraaf kon afgehandel het, en Coetzer moes die smaad verduur dat twee paragrawe in sy resensie op Netwerk24 se webblad oornag aangeteel het.

Blameer die subredakteurs, Stefaans. Hul hou mos daarvan om die sake ’n aks op te dollie en belangrike dinge uit te lig in vetdruk. Maar ek sien deur hul plan. Dis nie belangrike inligting wat hulle hier uitgelig het nie. Hulle het net gesorg dat die resensie die ruimte vul wat daarvoor uitgehou is.

Ek het daardie paragrawe herlees, en skielik het ek die subredakteurs ook jammer gekry. Daar is letterlik niks in Coetzer se resensie wat met vetdruk uitgelig kan word nie.

Trouens, ek vermoed dat Die verkeerde vrou, synde goeie verstrooiingsliteratuur (onthou julle dié begrip?), lekker sal lees maar nie lekker sal resenseer nie, as julle weet wat ek bedoel.

Recent Posts

See All
Swaai sterk

Soveel as wat ek saamstem met die toekenning van KykNet en Rapport se pryse vir die beste boekresensente van 2021 aan Jean Meiring,...

 
 
 
El anciano gooi mielies

Kon sweer ek het Breyten Breytenbach gister in Barcelona sien stap. Dit blyk toe egter ’n ou Spaanse omie te wees, en ek sit met die daai...

 
 
 
Gedane sake

Maar dit is warm hier waar ek is. Erg. Siësta lê net ’n sweetdruppel ver, maar laat ek ’n gedagte deel. Ek sal nie lank skryf nie, my...

 
 
 

225 Comments


Ultra Veo 3
7 hours ago

Mình hay để ý độ trơn tru khi chuyển trang, và thấy sảnh esport với nổ hũ của Good88 làm rất tốt khoản này, thao tác phản hồi rất đều. Khi lướt xem thêm thông tin, mình thấy nền tảng còn liên kết đa dạng các mảng như casino hay thể thao, mang lại một không gian giải trí rất trọn vẹn. Việc phân bổ các chuyên mục cực kỳ rõ ràng, không làm rối mắt người dùng. Cá nhân mình thấy trải nghiệm tổng thể rất liền mạch.

Like

uyenghomsoet.h.uy.e.n+abc123
10 hours ago

Mình xem xổ số chủ yếu để giải trí, nhưng thỉnh thoảng cũng tò mò thử tìm xem có điểm gì lặp lại không. Hồi trước mình toàn chọn số theo linh cảm, trúng thì vui còn không trúng cũng coi như bình thường. Gần đây mình bắt đầu ghi chú vài kỳ gần nhất rồi ngồi đối chiếu lại, có lúc thấy vài cặp số quay lại khá ngẫu nhiên, nhưng cũng nhiều khi chẳng theo nếp nào cả. Mình có đọc thêm vài chia sẻ và thử áp dụng soi cau xsmb để có cách nhìn có hệ thống hơn, kiểu xem theo chu kỳ, theo đầu đuôi, đỡ cảm giác đoán bừa. Dù vậy mình vẫn nghĩ…

Like

Ultra Veo 3
12 hours ago

Trong lúc xem các bài chia sẻ trên mạng, mình thấy SODO66 được nhắc đến nên mở thử để xem cách họ tổ chức website. Mình chủ yếu lướt qua giao diện tổng thể chứ chưa tìm hiểu từng nội dung cụ thể. Theo cảm nhận ban đầu, các chuyên mục được chia thành từng nhóm khá khoa học, khoảng cách giữa các khu vực cũng hợp lý nên không tạo cảm giác quá tải. Thanh menu hiển thị rõ ràng giúp mình dễ dàng chuyển qua lại giữa các mục.

Like

Ultra Veo 3
2 days ago

Mình thường đọc các bài giới thiệu trên điện thoại nên khá quan tâm đến cách sắp xếp nội dung. Bài viết này có bố cục mạch lạc khi KK55 được nhắc đến ở phần thân bài thay vì ngay mở đầu. Nội dung tập trung mô tả trải nghiệm tổng quan với giao diện thân thiện, thao tác dễ sử dụng và các chuyên mục như slot, game bài, bắn cá. Nhìn chung, cách diễn đạt khá nhẹ nhàng, giúp người đọc nhanh chóng hình dung về nền tảng mà không bị quá tải thông tin.

Like

Hoàng Hiếu
Hoàng Hiếu
4 days ago

Khi thao tác nhanh trong sảnh esport và các trò minigame, mình thấy tốc độ phản hồi khá đều. Trong quá trình tìm hiểu thêm thông tin về UU88, mình nhận thấy hệ thống còn tích hợp thêm live casino và cá cược thể thao nên tạo cảm giác hệ sinh thái rất đầy đủ. Các danh mục được phân chia rõ ràng nên không hề mất nhiều thời gian làm quen. Cá nhân mình cảm thấy tổng thể giao diện được tổ chức khá hợp lý.

Like

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page