top of page
  • Uitmelkbos

VERKEERDE KANT


Pictures6

Dit herinnerJohan dadelik van ‘n besoek aan Bloemfontein deur Moya Meaker, Mej Suid-Afrika van 1960. Sy het – soos die meeste skoonhede wat aan skoonheidskompetisies deelneem – te vertel gehad dat sy lief is vir die buitelewe, lief is vir diere en vir kinders. Sy het bygevoeg dat sy ‘n “regte plaasmeisie” is.

 Op versoek van Die Byvoegsel (voorloper van die huidige By) is Johan deur Die Volksblad se nuusredakteur, Gert Terblanche, gestuur om ‘n onderhoud met haar te gaan voer. Johan was toe ‘n jong verslaggewer by Die Volksblad. Hy het my later as redakteur opgevolg en was ook redakteur van Beeld en Rapport – tot op datum ‘n unieke onderskeiding.

 Die fotograaf het ‘n foto van die skone Moya by die Bloemfonteinse Skou gaan neem waar sy voorgee sy melk ‘n koei. Tobie Boshoff, wat toe redakteur van Die Byvoegsel was, het die foto op die voorblad geplaas, plus ‘n artikel oor hoe oulik sy is.

 Maar toe volg die lesersbriewe: Dis sommer twak dat sy ‘n plaasmeisie is, want sy sit dan aan die verkeerde kant van die koei terwyl sy melk!

Tobie het die foto omgedraai sodat dit na die binnekant van die blad kyk, gevolglik het sy toe aan die “verkeerde kant” van die koei beland!

 Johan het die vermoede uitgespreek die (jong) Tobie Boshoff en (vermoedelik ‘n ouer HvD) dus dieselfde joernalistieke sonde gepleeg het deur die foto om hul eie redes om te draai.

Hy het afgesluit: “Hoe dit sy, albei foto’s was die moeite werd…”

Dankie daarvoor,  Johan. Die waarheid is egter dat dit nie HvD is wat die Toyota-in-die-sneeu-foto omgedraai het nie.  Dit was oorspronklik ‘n skyfie.  Die fotoplek wat ‘n afdruk moes maak, het dit omgedraai – waarskynlik omdat die stuurwiel aan die verkeerde kant nie vir hom sin gemaak het nie.

2 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

Comments


bottom of page