top of page
  • Crito

Toksiese manlikheid

By die brandende berg, deur Piet van Rooyen. Resensent: Jonathan Amid (Rapport Boeke) Negatiewe resensies is ’n eienaardige verskynsel. Soms voel mens die resensent maak nie voorsiening vir smaakverskille nie. Dikwels sien ’n mens die onderrok uithang. Maar dan kry mens die negatiewe resensies wat jy nie kan tsk-tsk nie. Jonathan Amid herken die dinge waarvoor mens lief geraak het in Van Rooyen se romans, naamlik die liefde waarmee hy die ongetemde natuur van Namibië (en in hierdie geval ook die Kongo) beskryf. En dan looi hy Van Rooyen vir die “toksiese manlikheid” wat alles beduiwel. Sekerlik is daar in baie gemeentes geen probleme met toksiese manlikheid nie. Maar in ’n land en tyd waarin geweld teenoor vrouens een van die grootste issues is, lyk dit of Van Rooyen hom in ’n moeilike hoek in geskryf het. Hierdie is ’n besonder goeie negatiewe resensie. Amid weet dat daar ’n vloed van teenkritiek kan kom. Daarom is sy argumentasie so reguit en sonder skuiwergate. Die verwysings na Heart of Darkness en Horrelpoot is die laaste spyker, en daarna kom die skouerophaling.

Die SAW en Cuito Cuanavale: ’n Taktiese strategiese analise, deur Leopold Scholtz. (Rapport Boeke) Interessant dat ’n Afrikaanse historikus wat deesdae in die Lae Lande woon, die een sal wees wat Cuito Cuanavale uiteindelik netjies afhandel. Abel Esterhuyse dink dit is ’n goeie boek en laat dit dan so wees. In my vriendekring is daar twee mans wat by Cuito Cuanavale betrokke was en vandag nog bitter is daaroor. Om uiteenlopende redes. Hulle praat nie meer daaroor nie. Esterhuyse se resensie belig die goeie hoedanighede van Scholtz se werk en navorsing; ek is bevrees ’n mens moet regtig in die onderwerp belangstel om sy resensie op te volg. Dit is 2020, en die waarheid is steeds so ontwykend as wat dit in 1987 en 1988 was.

1 view

Recent Posts

See All

Swaai sterk

Soveel as wat ek saamstem met die toekenning van KykNet en Rapport se pryse vir die beste boekresensente van 2021 aan Jean Meiring, Charl-Pierre Naudé en Izak de Vries, dink ek dis tyd vir ’n radikale

Irritasie

Ja, die kat kom terug. Lekker lang vakansie. Rustige dae met die Suid-Afrikaanse ambassadepersoneel terwyl ek probeer om my lewe weer agtermekaar te kry nadat ’n tweevoetige eweknie van harige Mangali

El anciano gooi mielies

Kon sweer ek het Breyten Breytenbach gister in Barcelona sien stap. Dit blyk toe egter ’n ou Spaanse omie te wees, en ek sit met die daai simpel nadraai van ’n ou Spanjaard wat dink ’n jong - wel, soo

Comments


bottom of page