top of page

Sekerheid

  • Crito
  • Dec 3, 2020
  • 2 min read

Aangename weersiens van twee gerekende resensente: Sonja Loots en Rachelle Greeff.

Sonja Loots se resensie in Rapport kry reg wat JB Roux ’n ruk gelede nie kon regkry nie - dit benader Nataniël se Dik dun Thick Thin met erns en is daarom oortuigend en gewigtig. Bewus van Nataniël se tekortkominge, maar ook ontvanklik vir sy genialiteit. Sy noem hom ’n “meester van tragikomiese triestigheid”, en reageer dan aan die hand van talle voorbeelde op só ’n wyse dat niemand kan twyfel oor genoemde meesterlikheid nie. Dis vrek snaaks in dié resensie, watter ander plesiere skuil in die boek?

Dan buig sy haar betoog terug na die erns, en gee ’n kort uiteensetting van Nataniël se plek in die wêreld der Afrikaanse lettere: “By al sy ander talente is Nataniël se oeuvre ’n beduidende bydrae tot die queering of skeefskryf van Afrikaans. Vervreemding, verwonding, marginaliteit en ’n volgehoue verset teen die konvensionele is die goue draad wat dwarsdeur alles loop. Die ontheemding van karakters wat nie tuishoort in hul wêreld nie, en die vreemdmaak van die normale vanuit hul randposisies, is ’n onderbeligte strategie van hierdie skrywer se dominante queer-ingesteldheid.”

Rachelle Greeff skryf in dieselfde uitgawe van Rapport oor Emile Joubert se So byna blou, wat Thys Human in September met baie goeie gevolge vir Boeke24 geresenseer het. Wat vir my baie intrigerend is van haar resensie, is dat sy wil-wil swig voor die sjarme van Joubert se satiriese oog, maar dat sy ten slotte terugdeins met ’n ruiterlike erkenning dat sy nie heeltemal sekerheid het oor presies wat opgestuur is en wat “bloot slordig afgewerk” is nie. Uiteraard maak sy my as resensieleser nuuskierig in die proses, dalk het sy geweet dat dit ook die geval sou wees met baie ander resensielesers.

Ek sou tog wou geweet het of sy dink dit is ’n goeie bundel, gedagtend aan Thys Human se opmerking oor die opneem van Joubert se verhale in kanoniserende bloemlesings.

Van Human gepraat - ek het sy bespreking van Chris Karsten se Die versoeking van Thomas Maas vir Boeke24 uiters goed gevind. Die boek is hierna bo-aan my Kerslys.

Opvallend is die dinge wat vir Human uitstaan: Karsten se taalgebruik, sy navorsing en die vrae wat die roman opwerp. Sy resensie is ’n stawing daarvan en die manier waarop hy sy argumentasie struktureer, bevestig sy agting nie alleen vir Karsten nie, maar ook die genot wat die lees van die boek by hom uitgelok het. Hy dui die raakpunt tussen Karsteen se soort speurverhaal en die letterkunde aan, en identifiseer die tematiek.

Goed. Hy moet net nie dink sy lesers het nie agtergekom dat hy doelbewus baie vaag is oor wie die vermoorde persoon in die verhaal is, en wie die moordenaar. Laasgenoemde sal enige goeie resensent uit fatsoenlikheid nie verklap nie, maar die vermoorde ook? Ek ruik ’n rot. Ek het hierdie resensie nou verskeie kere deurgelees, en begin ’n spesmaas kry dat ek eers ná die lees van die boek self sal weet presies hoe knap die resensie geskryf is.

Hoekom anders sou hy opmerk dat selfs Margaret Atwood beïndruk sal wees op die manier waarop Karsten ’n mens se aandag hou?

Recent Posts

See All
Swaai sterk

Soveel as wat ek saamstem met die toekenning van KykNet en Rapport se pryse vir die beste boekresensente van 2021 aan Jean Meiring,...

 
 
 
Irritasie

Ja, die kat kom terug. Lekker lang vakansie. Rustige dae met die Suid-Afrikaanse ambassadepersoneel terwyl ek probeer om my lewe weer...

 
 
 
El anciano gooi mielies

Kon sweer ek het Breyten Breytenbach gister in Barcelona sien stap. Dit blyk toe egter ’n ou Spaanse omie te wees, en ek sit met die daai...

 
 
 

13 Comments


bentiecesav.a.ge54.62
Aug 16

Mình hay xem soi cầu XSMB với soi cầu MB mỗi ngày để kịp cập nhật trước lúc quay, chủ yếu là để có thêm góc nhìn chứ không trông chờ may mắn. Thỉnh thoảng mình cũng lướt qua phần thống kê lô gan, lô xiên và mấy bảng tần suất từ dữ liệu cũ để tự lọc ra vài bộ số thấy hợp lý. Nhiều người trong nhóm còn nói quay thử XSMB hay Rồng Bạch Kim giúp kiểm tra lại cảm giác chọn số, nghe cũng có lý. Mình thấy dự đoán xổ số miền bắc hôm nay nếu biết kết hợp cầu bạch thủ với dàn đề thì đỡ bị chọn bừa hơn. Ai cần chỗ tham…

Like

davidthom.a.s.282.55
Aug 14

XX88 mình cũng mới ghé thử vì thấy nhiều người nhắc, kiểu vào xem cho biết chứ không định làm gì sâu. Vừa mở ra thấy giao diện khá sáng sủa, nhìn hiện đại và không bị rối mắt. Mấy mục trên trang được gom nhóm rõ nên mình lướt một vòng là hiểu đại khái họ đặt cái gì ở đâu, không phải bấm lung tung. Mình dùng điện thoại thấy ổn, chữ với nút bấm vừa tay, chuyển qua lại cũng mượt. Có cái mình thích là họ để khối nội dung bài viết ngay trên trang, nên ai muốn đọc hướng dẫn hay cập nhật thì tiện khỏi đi tìm. Nói chung cảm giác “dễ thở” khi…

Like

ale
ale
Aug 13

Die Betrachtung von Nataniëls Werk als "Meister der tragikomischen Triestheit" spricht mich sehr an. Es ist faszinierend, wie Sonja Loots die Komplexität seiner Charaktere und Themen beleuchtet und die Missstände in der Gesellschaft anprangert. Diese Herangehensweise zeigt, dass Literatur nicht nur Unterhaltung, sondern auch ein Spiegel der Gesellschaft ist. Ich finde, dass solche tiefgründigen Analysen oft dazu führen, dass man die Bücher auf eine ganz neue Weise erlebt. Für Leser, die mehr über die Themen in Nataniëls Werken erfahren möchten, könnte Clean the Golf Yard Wiki nützlich sein, um weitere Einblicke zu gewinnen.

Like

uyenghomsoet.h.uy.e.n+abc123
Aug 11

Mình chơi xổ số kiểu cho vui là chính, coi kết quả để giải trí chứ không đặt nặng chuyện phải trúng đậm. Trước đây nghe người ta bàn về đủ loại “cầu kèo” nên mình cũng tò mò, nhưng thật ra chẳng hiểu mấy. Theo dõi một thời gian thì thấy đôi lúc có vài chỗ lặp lại, làm mình để ý hơn chút, nhưng vẫn luôn giữ thái độ nghi ngờ. Lúc rảnh mình hay đọc mấy bài dự đoán rồi ghi lại vài con để hôm sau so lại, xem có phải mình tự tưởng tượng ra quy luật không. https://soicauxsmb.io/dau-duoi-xsmb.html mình cũng ghé đọc thêm cho đỡ chán. Có hôm trúng nhẹ thì vui, có hôm…

Like

katrinacha.vez.52.0.2
Jul 10

https://www.97j777.com/ showed up while I was scrolling through a random discussion, so I poked around for a minute just to see what it looks like. I didn’t dive into whatever the actual content is, but the page layout made sense pretty fast. The main thing I noticed is how the options are grouped in a way that feels obvious, so you’re not clicking in circles trying to find where stuff lives. Also, the info isn’t jammed together—everything sits in these neat little sections that are easy to scan without your eyes getting tired. It’s not trying to be flashy or overdesigned, just clean and kind of calm to look at, with the navigation staying put and the content sitting in…

Like

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page