Haar Boekeblad is afgestaan aan 'n "gift guide" vir diegene wat boeke vir kinders wil koop hierdie Kersseisoen. 'n Aftellys van die beste kinder- en jeugboeke wat tans beskikbaar is. Niks daarmee verkeerd nie.
Maar dit is een van die weinige kere vanjaar dat sy tyd afgestaan het aan kinderboeke. Dit is 'n geval van die uitsondering wat die reël bewys - sy verras jou met haar keuse van materiaal vir die spesifieke boekeblad omdat sy die res van die jaar 'n totale onderpresteerder is oor hierdie genre.
Deur boonop self die besprekings te doen, wek sy die indruk dat sy net besig is om in die goeie boekies van die plaaslike uitgewers te bly.
Ek daag haar uit om 'n slag in-diepte besprekings te doen oor die twee wordende reuse van hierdie genre, Jaco Jacobs en Fanie Viljoen.
Volgende week: Is dit dalk non-fiksie se beurt? Kookboeke?
Nee wat. Dis op dae soos gister dat ek weet ek sal Rachelle Greeff se boekeblad nie mis nie. Rapport dalk ook nie.
Comentarios