top of page
  • Crito

Ou nuus

Een van die interessantste boeke wat die afgelope klompie maande verskyn het, is die “Christelike Kernensiklopedie” van Fritz Gaum, Allan Boesak en Willie Botha. Lina Spies het in BY ‘n Flapteks daaroor geskryf, wat ‘n klomp mense laat uitflap het en ander, soos ek, die boek laat koop het.

Die boek is vroeg November 2008 geresenseer in Die Burger, en vandag in Beeld. Die Burger se resensent het punte van kritiek geopper wat ook opduik in ds. Gerhard Bothma se bespreking in Beeld.

Nou, die verskil tussen die twee is dat Bothma se skryfstyl duidelik dié is van iemand in die bediening. ‘n Element van swaarwigtigheid kruip in in Bothma se styl. Die hantering in Die Burger, daarenteen, was respekvol sonder om ‘n sondaar soos ek te laat skrik. Ek het dit pas in Die Burger se argief nagegaan, en dit was 'n bitter goeie stukkie skryfwerk - net jammer die argief vermeld nie wie die skrywer is nie.

Op die keper beskou, sukkel sowel Beeld as Die Burger nou om  die resensies van boeke wat al verlede jaar verskyn het, afgehandel te kry. En  in die proses laat dit resensente tweede daarvan afkom.

Soos arme Carolize Jansen, skrywer van die resensie van Brian Pottinger se “The Mbeki Legacy” (vandag in Die Burger ). Dit kan nie maklik wees om oor só ‘n boek te skryf nadat Hermann Giliomee reeds ‘n maand  gelede in Rapport briljant daaroor geskryf het nie.

Ek het deur haar resensie geworstel en blameer niemand wat na ‘n paar paragrawe bes gegee het nie.

Die res? Ek moet eerlik wees en erken dat ek net kans gesien het vir Zandra Bezuidenhout se bespreking van Rosa Smit se “Die begeleiding van duiwe”. En dit was omdat ek in paragraaf twee lees dat die sierlike, skuinsgedrukte letterwerk op die omslag iets sags en soepels beloof.

Nou is dit so dat ek miskien hiper-krities is oor dinge soos  letterwerk. En hierdie letterwerk lyk asof dit nog met Letraset aangebring is. Oude doos verby! Watwo sag en soepel.

Maar dis gaaf. Bezuidenhout is oor die inhoud van die bundel absoluut in die kol. Nie 'n goeie bundel nie.

1 view

Recent Posts

See All

Swaai sterk

Soveel as wat ek saamstem met die toekenning van KykNet en Rapport se pryse vir die beste boekresensente van 2021 aan Jean Meiring, Charl-Pierre Naudé en Izak de Vries, dink ek dis tyd vir ’n radikale

Irritasie

Ja, die kat kom terug. Lekker lang vakansie. Rustige dae met die Suid-Afrikaanse ambassadepersoneel terwyl ek probeer om my lewe weer agtermekaar te kry nadat ’n tweevoetige eweknie van harige Mangali

El anciano gooi mielies

Kon sweer ek het Breyten Breytenbach gister in Barcelona sien stap. Dit blyk toe egter ’n ou Spaanse omie te wees, en ek sit met die daai simpel nadraai van ’n ou Spanjaard wat dink ’n jong - wel, soo

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page