top of page
  • Crito

Kortliks

‘n Paar kort gedagtes vandeesweek:

Amper elders, deur Louis Esterhuizen, geresenseeer deur Andries Visage (Boeke24)

Visagie meen hierdie digbundel is goed, maar nie so goed soos sy onmiddelike voorganger nie. Die resensie reflekteer dit: geesdrif sonder juigkrete. Die vraag is vir my dan of dit wel nodig is dat hy die bundel uiteensit soos hy wel doen. Sou dit nie ‘n interessanter resensie gewees het as hy meer aangehaal het uit die voortreflike gedigte waarna hy verwys nie?

Uiteraard is Visagie as akademikus bestem om die deeglike benadering te volg wat hy gevolg het. Dit is net dat ek die een gedig wat hy aanhaal, só gaaf vind dat ek nog ‘n paar voorsmake sou waardeer het voordat ek boekwinkel toe beweeg.

Tik, deur Piet Steyn, geresenseer deur Jaco Fouché (Boeke24).

Die resensent kondig aan dis sy nooiensvaart met Piet Steyn se skryfwerk. Hy takseer Steyn se skryfwerk bietjie vir bietjie. Vergelyk hom hier met Henning Mankell, roep later Stephen King by. Hy sê hy is aangenaam verras deur Steyn, maar dit is vir my opvallend dat die aangename verrassing van sy kennismaking met Steyn nie gereflekteer word in die toon van die resensie nie.

Tik, deur Piet Steyn, geresenseer deur Tom Gouws(Boeke24)

“In Suid-Afrika is tik deesdae die drug of choice,” sê Tom Gouws ter inleiding. O ja? By sportlui, politici, sakemanne en celebrities is dit kokaïen. Tik is vir skoolkinders en minder vermoëndes.

Wanneer ‘n resensie met só ‘n onbeholpe veralgemening wegspring, vrees ‘n mens vir die ergste. Gelukkig is Gouws daarna meer oorwoë. Wanneer hy by die kern van sy kritiek uitkom – en hy spreek hom baie direk en krities oor die roman uit - begin ek ‘n vermoede ontwikkel oor die dinge wat Jaco Fouché nie uitgespel het nie.

Nóg ‘n voordeel van die tweevuis-resensies: Sáám kom mens by ‘n geheelbeeld uit.

Skakels:

0 views

Recent Posts

See All

Swaai sterk

Soveel as wat ek saamstem met die toekenning van KykNet en Rapport se pryse vir die beste boekresensente van 2021 aan Jean Meiring, Charl-Pierre Naudé en Izak de Vries, dink ek dis tyd vir ’n radikale

Irritasie

Ja, die kat kom terug. Lekker lang vakansie. Rustige dae met die Suid-Afrikaanse ambassadepersoneel terwyl ek probeer om my lewe weer agtermekaar te kry nadat ’n tweevoetige eweknie van harige Mangali

El anciano gooi mielies

Kon sweer ek het Breyten Breytenbach gister in Barcelona sien stap. Dit blyk toe egter ’n ou Spaanse omie te wees, en ek sit met die daai simpel nadraai van ’n ou Spanjaard wat dink ’n jong - wel, soo

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page