top of page

Koos Prinsloo en die waarheid

Crito

Rapport sukkel verskriklik om sy webwerf te maak werk. Op sy “In diepte”-portaal sal mens skakels vind wat jou laat besef dat Andries Visagie oor twee Koos Pinsloo-publikasies op die Boekeblad skryf. Volg jy die skakels, sal jy by die een vir sy versamelde “Verhale” nóg ‘n behoorlike aanduiding van die publikasie onder bespreking, nóg ‘n aanduiding van die resensent se identiteit vind.

Visagie se bespreking daarvan en van Gerrit Olivier se “Aantekeninge by Koos Prinsloo” is baie deeglik. En baie boring. 

By laasgenoemde skryf hy oor alles wat ‘n akademiese resensent veronderstel is om oor te skryf, maar as koerant-resensent vergeet hy om die belangrikste dinge te vra: Hoekom het hierdie boek nie by Wits University Press verskyn nie – of by een van die hoofstroom uitgewerye nie? Hoekom het Maties se uitgewery die boek sonder enige trompetgeskal gepubliseer? Hoe vergelyk Olivier se boek met dié wat Riana Scheepers oor dieselfde onderwerp geskryf het? Was Olivier se boek hoegenaamd nodig om gepubliseer te word nadat Scheepers die onderwerp uitgeput het?

Visagie se ingebore stylvolheid laat hom gelukkig toe om een ding te impliseer in die bespreking van die Olivier-boek, en dit is dat dit darem opvallend is hoe Koos Prinsloo se verhale mens boei, maar hoe meer jy van hom as mens leer, hoe onaantrekliker word hy. 

Ek is veral dankbaar dat hy aandui hoe plooibaar Prinsloo die waarheid gevind het. 

2 views

Recent Posts

See All

Swaai sterk

Soveel as wat ek saamstem met die toekenning van KykNet en Rapport se pryse vir die beste boekresensente van 2021 aan Jean Meiring,...

Irritasie

Ja, die kat kom terug. Lekker lang vakansie. Rustige dae met die Suid-Afrikaanse ambassadepersoneel terwyl ek probeer om my lewe weer...

El anciano gooi mielies

Kon sweer ek het Breyten Breytenbach gister in Barcelona sien stap. Dit blyk toe egter ’n ou Spaanse omie te wees, en ek sit met die daai...

Comments


bottom of page