top of page
  • Crito

Grootmeester van die kortsluiting

Die kuns van die kortsluiting – dit is waarvan Emile Joubert die grootmeester is. Om ‘n resensie uit sy pen te lees, soos nou op LitNet, is om jou skielik in ‘n taalkundige en semantiese rampgebied te bevind. Slordig, oppervlakkig, ‘n versameling van foefies, meneer Joubert.

Kyk na hierdie lysie uit sy resensie van ‘n versameling Chris Barnard-rubrieke, “Oulap se blou”:

Anneri van der Merwe is eintlik Annari van der Merwe.

Kiekie: kan ‘n fotostudie ‘n kiekie wees? Beslis nie. Vergelyk die woordeboek-betekenis van “kiekie” as “snapshot” teenoor die fyner semantiese onderskeiding van “fotostudie” binne die konteks van amateur-poging vs foto as gekomponeerde studie.

Stilistiese pretensie waarborg nie betekenisdraende juistheid in ‘n sin nie: “Ook g’n buierige grynslag van die mondhoek soos wat stemmige moderne skrywers geneig is om in te neem nie”. Grynslag van die mondhoek?

En “in stede van”: Joubert het nie baie wys geword uit die lesse wat Die Burger se subredakteurs hom geleer het nie.

Wat beteken “’n vername tyd”?

Styl (gebrek aan): “Maar Meneer Barnard … mag in jou oë in lag uit daardie foto uit. Maar wanneer hy sy pen optel, mik hy vir net een plek, en hy tref dit keer op keer: die warmte van die kloppende hart.” Is warmte 'n plek?

Die metafoor ontwyk hom soms: “Dis ryp, vet, smaaklike en bevredigende stories, vertel deur die meester van onopgesmuktheid.” Dis so jammer dat die meester van onopgesmuktheid nie vir Joubert kon besiel om minder opgesmuk te skryf nie.

Kwasi-intellektuele nonsens: “Meneer Barnard se vertellings maak staat op een van die Afrikaanse skrywer se grootste bates en gewildste uitings, naamlik nostalgie.”

En so aan, en so aan.

Skei uit, Emily. En as jy nie kan aanvaar dat jy verby jou rakleeftyd as resensent is nie, lees ten minste jou resensies die volgende oggend met vars oë voordat jy hulle instuur.

2 views

Recent Posts

See All

Swaai sterk

Soveel as wat ek saamstem met die toekenning van KykNet en Rapport se pryse vir die beste boekresensente van 2021 aan Jean Meiring, Charl-Pierre Naudé en Izak de Vries, dink ek dis tyd vir ’n radikale

Irritasie

Ja, die kat kom terug. Lekker lang vakansie. Rustige dae met die Suid-Afrikaanse ambassadepersoneel terwyl ek probeer om my lewe weer agtermekaar te kry nadat ’n tweevoetige eweknie van harige Mangali

El anciano gooi mielies

Kon sweer ek het Breyten Breytenbach gister in Barcelona sien stap. Dit blyk toe egter ’n ou Spaanse omie te wees, en ek sit met die daai simpel nadraai van ’n ou Spanjaard wat dink ’n jong - wel, soo

Comments


bottom of page