top of page
  • Crito

Gemengde gevoelens

Oor laasgenoemde gaan ek nie veel sê nie, behalwe dat dit werklik vrot is om in Desember 'n resensie te plaas van 'n boek wat reeds vroeg in die jaar (Maart?) op die rakke was. Die boek Is "The Fight of My Life" - dr. Ivan Cohen se kankerboek. Die resensent is Jaybee Roux. Ek kan nie glo dat Roux só lank op die resensie gebroei het nie. Die boekeredakteur sal moet verduidelik.

In Die Burger is daar twee weldeurdagte, leesbare resensies (William M. Gumede oor "African Renaissance and Democracy - Can It Work?" van Richard van der Ross, en Christina Landman oor Kahlil Gibran se "Seun van die Mens"). Stephen Nell s'n oor "Monty" van Mark Keoane is informatief, maar hy laat na om te sê hoe uiters power die taalversorging in die boek is. Ek weet, ek het die boek pas gelees.

Beeld het 'n stomperige resensie deur Fanie Olivier van Koos Kombuis se "The Complete Secret Diaries of God", 'n indringende dog vervelige bespreking deur Hein Viljoen van Trienke Laurie se "Sonskyf"-digbundel, en Jaybee Roux se resensie van "Op 'n hoë noot - die lekkerste stories van P.H. Nortjé.

Olivier en Viljoen kon albei hul besprekings met die helfte verkort het - of moet mens aanneem dat hulle resensies skryf sonder inagneming van die medium of waarskynlike leserspubliek? Die Koos Kombuis-boek is ook ou nuus - hoekom dit nou eers resenseer?

Tot sover die lankmoedigheid. Die resensie wat my werklik na woorde laat soek vandag, is Louise Viljoen se bespreking van Charl-Pierre Naudé se "Sien jy die hemelliggame", 'n Nederlandse publikasie. Viljoen resenseer dit op haar gebruiklik deeglike manier. Van belang is Viljoen se slotopmerking: "Afrikaanse lesers het hom egter reeds in sy volle krag ervaar in sy ander twee bundels sodat hierdie boekie vir hulle eerder bibliofiele waarde sal hê."

Maar mens kan net die kop skud oor die plasing van só 'n resensie in 'n Afrikaanse dagblad. Uiters pretensieus. Die boek is nie in plaaslike boekwinkels te kry nie - kan die Boekeredakteur verduidelik wat presies die waarde van die resensie is vir Kaapse lesers?

0 views

Recent Posts

See All

Swaai sterk

Soveel as wat ek saamstem met die toekenning van KykNet en Rapport se pryse vir die beste boekresensente van 2021 aan Jean Meiring, Charl-Pierre Naudé en Izak de Vries, dink ek dis tyd vir ’n radikale

Irritasie

Ja, die kat kom terug. Lekker lang vakansie. Rustige dae met die Suid-Afrikaanse ambassadepersoneel terwyl ek probeer om my lewe weer agtermekaar te kry nadat ’n tweevoetige eweknie van harige Mangali

El anciano gooi mielies

Kon sweer ek het Breyten Breytenbach gister in Barcelona sien stap. Dit blyk toe egter ’n ou Spaanse omie te wees, en ek sit met die daai simpel nadraai van ’n ou Spanjaard wat dink ’n jong - wel, soo

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page