top of page
  • Charlsiebunsewoordeindiewind

Elegie vir my hart

Bankrothart.


Die meubels in my hart se huis word deesdae gereeld geskuif. Die riempiesbank was eers op die stoep, maar staan nou in die voorkamer. Die eetkamertafel moes uit, en staan nou in die oorvol kelder. So skuif-skuif ek die plek, want die dag as die balju my bankrothart kom opskryf, moet dit hom ? jaar neem om alles uit te kry, en met sy lykswa weg te ry.

© Kopiereg - Karel

Ark, Alle regte voorbehou

die het ek ontdek so rukkie terug en het vandag weer darop afgestrompel soos ek laatmiddag op die bank le en myself probeer ooreed om daai donnnerse bedryfsielkunde take klaar te maak, maar ek kanie, jy dwaal hier in my kop rond om en om en om en om en om en om en om en om en om....en om. ek vang myself deedsdae dat ek skelm glimlag net om te besef jy was nou net weer hier in my gedagtes om en om en om.

Daai bruin oe van jou is stunning, ek hou nie van bruin oe nie, maar joune is anders,joune lag vir my, wink my nader en laat my hunker om myself daarin te verloor.

Jou glimlag warm, ek like dit as ons gesels vat jy sag en teer an my arm, ek like dit,eks ook so ek voel soos N vrou in menopause as jou vingerpunte so oor my vel streel, ek sit soms en wonder of jy besef wat jy doen.

jy lag altyd... behalwe daai een keer toe jou hondjie weg was, ek kan nou nog nie glo ons het 2 uur in die oggend breindood dronk so ver geloop en soek na die hond nie, ek HAAT loop, maar hey ek was saam jou, dit was vir my lekker.

Op een of ander level you get "me" ek dink daai aand toe ek jou hoor/sien klavier speel het jy my finaal betower, alhoewel ek gedink het jou hande lyk snaaks en onatuurlik was ek tevrede want dit was JOU hande.

Hot Couture hang nou nog aan my t-hemp van vrydag.. dit is mos wat jy aangehad het, eks seker ek sal dit nie vergeet nie, jyt geruik soos iets tussen sambuca en perfection... ek erken dit, ek wou jou opruik.

Na al die, na als wat ek dink en dink ek voel en voel hoe ek dink moet ek nou stop. want my hart ja my hart is ook erens op N stofpad, ek weet nie waar nie en ek weet nie vir hoe lank nie, ek weet net hys nie hier nie.

Wees gentle met hom,as jy hom erens kry tussen verlaat straat en nerensgevind dorp, hys klein en verlore met die mentaliteit van N hasie wat vasgevang is in N jagters lig, wees cautious my hart is fickle EK weet dit.

HART:

Kan ek jou mooi vra om my nie te mislei in die dwaalhof van jou gange nie, kan ek jou vra om asseblief nie speletjies met my kop te speel nie, kan ek jou vra om die keer net eenvoudig te let go and let live, kan ek jou vra om die keer hard te klop, kan ek jou vra om die keer, net die keer sincere te wees, kan ek jou vra om die keer na jouself te kyk want my kop kan nie reguit dink as dit by die een kom nie.

Eks bang om die mense te se hoe ek voel want dan erken ek dit aan jou, maar ek dink jy weet al vanaf die eerste keer wat ek haar gesien het en haar stem liefde gemaak het my ore

Ek wonder of jy al heelweek aan my ook dink as jou naam oor my gesigboek flikker raak ek skoon senuweeagtig, ek was nog nooit een vir N loss of words nie en menigte van jou geslag het al geval vir my silver tong, maar jy, jy verander my tong in lood, as ek by jou is,is ek soos N stommerik uummm aaahhh uummm aaahhh. dan lag jy maar net en jou oe dans oor my lippe en ek voel veilig en dans als weer oraait en okay.

Dan sit ek nou hier en wonder... is jou hart ook soos myne?

Daarsy dis official die bun is SMITTEN!


1 view

Recent Posts

See All

Autumn Hearts

Autumn Hearts. Lay down your heart for me, on this dark back alley street, lay down your heart for me on the N1. I hear the people murmur and the strangers scream but still, I walk down the long roa

Naglied

NAGLIED Ek wil my naglied vir hou sing, saans as jy in jou bed lê, ek wil my naglied vir jou sing oor als wat ek nie vir jou kan sê My drome word verwesenlik in jou, my siel wil saamgroei snoesig i

Hartlike Anargie

Hartlike Anargie My woorde rol oor die prinses van my hart, sy wat saans in my drome dans soos ? ballerina, sy wat in my hart se bloed swem, ritmies, grasieus met elke pomp. Kom ons gaan na die

Comments


bottom of page