Hartlike Anargie My woorde rol oor die prinses van my hart, sy wat saans in my drome dans soos ? ballerina, sy wat in my hart se bloed swem, ritmies, grasieus met elke pomp. Kom ons gaan na die teater in berlyn, kom ons loop rond in die lourve, kom ons voer die duiwe in die parkie hier om my hoek, met jou swarte heksie hoed huppel jy vreesloos deur die strate van my hart. Maar ek dans in die reen, dans in die son,dans in die wind dans sommer kaalvoet met ? engel sonder vlerke, die somer bring jou lyf maar die winter bring jou hart, die lente bring jou glimlag en die herfs jou smart. Die jeugdigheid in jou oë en die onskuld in jou glimlag laat my wonder, oor die verlede en die toekoms en wat sal wees, dan dryf my gedagtes oor die N1 na jou daar teen die rotse van tafelberg en die dae wat ons ontsterflik was soos kinders en net in goedheid kon glo. Nou sit ek hier met my handpalms na bo, en verloor myself van voor af in jou oë © Charlsiebun
- Charlsiebunsewoordeindiewind
Comments