top of page
  • Crito

Die regte resensent

In die gesprek rondom verlede week se inskrywing op hierdie blog, het ek op ‘n plek die volgende gesê: “Die probleem is net dat mens, nadat jy dit van alle kante bekyk het, nie kan wegkom van een van die groot probleme waarmee 'n Afrikaanse boekeredakteur vandag worstel nie: Hoe vind jy tussen al die vriend- en vyandskapsvertakkings, al die keurders en belanghebbers iemand wat onbevange na 'n digbundel kan kyk?”

Ek kan my goed voorstel dat boekeredakteurs by koerante dwarsoor die wêreld met ‘n soortgelyke probleem sukkel, veral waar daar van belangegroepe en passievolle belangstellendes sprake is.

Ook neem ek aan dit is presies waarmee Rapport se Boekeredakteur,  Rachelle Greeff, geworstel het toe Danie Marais se digbundel, “Al is die maan ‘n misverstand” deur Tafelberg-Uitgewers by haar afgelewer word. Ek neem aan dít was nog voor die inlywing van BoekeInsig by Rapport, onder haar bestuur. Dít sou haar keuse van ‘n resensent nog verder bemoeilik het.

Greeff was haar dadelik van verkskeie oorwegings bewus:

1. ) Marais het met sy debuutbundel pryse gewen – sy moes hom dus as een van die belangrikste digters van die oomblik beskou. Net die beste sou goed genoeg wees om die boek se literêre gehalte te kan peil.

2.) Weens sy verbondenheidd aan BoekeInsig sou dit haar nie betaam het om iemand wat noue bande met Marais en BoekeInsig het te nader as resensent nie.

3.) Sy moes, soos gebruiklik, probeer uitvind of Marais nie in enige spesifieke literêre kampe tuisgaan nie. Wie is sy vriende en wie is sy vyande? Dit sou onsinnig wees om enige van hulle te vra om die bundel te bespreek.

4.) Sy sou ook moes vasstel wie sy naaste mededingers was om die pryse wat hy gewen het – ook hulle sou vermy moes word.

5.) En boonop sou sy moes probeer uitvind wie Tafelberg se redakteur as keurder vir die bundel gebruik het. Dit is moeiliker om vas te stel, maar met ‘n paar oproepe sou sy ten minste ‘n idee kry wie om nie te vra nie.

6.) Sodra Greeff hierdie raamwerk kon bepaal, het daar op haar die laaste taak gewag, naamlik om te probeer vasstel wie nie openlik vyande (en vriende!) van Marais is nie, maar dalk bevriend is met sy openlike vyande/vriende. Ook hulle moes vermy word.

Dit alles afgehandel, sou daar waarskynlik vir Greeff die volgende beeld opgegaan het: Vermy Kaapse joernaliste, akademici, vermy mense in sy nabye omgewing.

Kies iemand uit Johannesburg, Pretoria of Bloemfontein.

Haar keuse het geval op Henning Pieterse van Pretoria. Dit was die regte keuse. Pieterse se resensie afgelope Sondag in Rapport is onverbeterlik.

0 views

Recent Posts

See All

Swaai sterk

Soveel as wat ek saamstem met die toekenning van KykNet en Rapport se pryse vir die beste boekresensente van 2021 aan Jean Meiring,...

Irritasie

Ja, die kat kom terug. Lekker lang vakansie. Rustige dae met die Suid-Afrikaanse ambassadepersoneel terwyl ek probeer om my lewe weer...

El anciano gooi mielies

Kon sweer ek het Breyten Breytenbach gister in Barcelona sien stap. Dit blyk toe egter ’n ou Spaanse omie te wees, en ek sit met die daai...

Comments


bottom of page