Ek het vandag net weer besef dat ek eintlik ñ moerse pissie is onder my rough en tough exterior, nie dat ek ñ rough en tough exterior het nie my ex het dan altyd geseg ekt babasag vel op my gesig en dis nie juis asof ek ñ bosbaard kan groei nie al wil ek hoe graag.
Aaaaaanyhoe, ek lê nou op die bank en so semi army wives kyk, wat ek nie gisteraand wou kyk nie want ek was klaar pisserig gister. So peg ou Jeremy toe, moerse army action met al sy pride en glory en kak...whatever oorlog is dom. Dis ñ moerse sad episode omdat Jeremy nou dooi en whatever maar dis nie waaroor dit vir my gaan nie dit gaan vandag vir my oor die huil.
Huil.
Ja ek sit en tjank sommer so terwyl ek tik, sulke moerse snot bolle en goed so tussen die rook en tik deur, nou kyk al my vriende weet ekt ñ ding met vrouens wat huil, ek is een van daai ongelukkige ouens wat val daarvoor as vrouens huil, maak nie saak hoe kwaad ek is nie as ek ñ vrou sien huil maak nie saak of sy random is of nie dan het ek dadelik een van 2 of sommer altwee emosies op een slag. Eks eers kwaad want hoekom huil die vrou en wie het dit veroorsaak en tweedens voel ek sommer hartseer vir die vrou se part ook en voel sommer sad en shit ñ vrou se trane het vir my ñ dieper beteken as net die vog wat oor hange wange rol.
Maar dit is nie my punt nie, Jeremy se pa is die forse man sterk man, samajoor in die army of whatever, nou kyk dit is waar my waterworks toe ook mos inskop, toe die man huil toe pis ek ook sommer, en nie hoe nie soos ñ plastic surgeon toe hy hoor micheal jakson is gedooi. Nou sit ek hier en dink aan die mans in my familie, of die waarvoor ek omgee en my mansvriende ook sommer, ek kan aan twee gevalle dink waar ek mans in my familie sien huil het, die eerste (en dit was ñ moerse oomblik in my lewe) is toe my oupa dood is toe ek standard 5 is, ek was my oupa se gunsteling, ek weet dit almal in die familie weet dit, ek was sy rondekop (tot vandag toe nog as ek in die oggende my bolla klits kyk ek vir my rondekop in die mirror dan smile ek en dink ek aan hom) ek mis hom tot vandag toe nog vreeslik en wonder soms of hy trots op my sou wees as hy my nou kon sien, elkgeval my oom sy enigste seun is nes hy, ñ MOERSE van, in lyf, statuur, hart en siel, ñ man van min woorde met baie diep gedagtes. So het die ver-assings diens toe gekom en ons ou familitjie staan en ween, die vrouens altans, mans met vroom gesigte en knoppe in die keel, soos die kis vir die “laaste” keer afsak stap “oom boet” toe nader en sit ñ koning protea op my oupa se kis (dit was sy gunsteling blom) ek doen toe dieselfde en die man omhels my sit sy arm om my en vertroos my soos sy eie kind, dit was ook die eerste keer in my lewe wat ñ man die tipe liefde aan my betoon het. Ek het so gehuil dat toe ek myself weer kry sit ek en oom boet buite die krimatorium op die grasperk, ek in sy arms ek kyk op en sien die trane oor sy wange stroom en al wat hy uitkry is “ dit is okay rondekop, dit is okay ons almal mis hom, hy was vir jou baie lief”. Tot vandag toe het ek en oom boet hierdie unspoken trust en respek vir mekaar hy is van toe af die “hoof” van die familie aangesien hy die enigste seun is. Dit is die laaste keer wat ek hom sien huil het.
Die tweede keer wat ek ñ man in my familie sien huil het, was die dag toe ek en my ouboet en my ma by my eks-stiefpa-se-huis wegry na hy en my ma geskei is. Ek onthou dit baie goed ek kon die absolute dood in sy oë sien en hoe sy mondhoek krul soos hy huil. Ek het hom baie lief en sien hom tenminste nog twee keer ñ maand, ons praat NOOIT oor my ma nie.
Na aanleiding van al die dink ek dis pretty obvious hoekom ek SO huil as ek ñ man sien huil, dit is vir my baie erg. Ek aan die anderhand huil gereeld ( ja ek erken dit ruiterlik en is nie skaam daaroor nie) my vormings jare asook meeste van my tienerjare het ek by my ma gebly en seker vandaan my soortvan kennis, respek en empatie met vrouens. My ma het my mooi maniere geleer en geleer hoe om ñ vrou te behandel en te respekteer, my pa was een van daai elke-tweede-naweek-pappas wat soms sy beste probeer het om my sportgeleenthede by te woon, maar dit is ñ storie vir ñ ander dag.
So het ek besêf ek is ñ pissie en ek is trots daarop want geuss what, even cavemen cry!
Comments