top of page
  • Crito

Blog uit die vreemde

Hier in die noordelike sneeuwêreld is daar geen papier-uitgawe van Die Burger nie. Snaaks dat ek dit só mis! Maar die Boekeblad (of deel daarvan, neem ek aan) is op die internet te lese. En so kom dit dan dat ek nuwe prioriteite ontdek.

Dorothea van Zyl oor E. Kotzé se Toringbaai se mense. Eerste sin ‘n cliché (“’n Vergange wêreld blaai oop…”). In die tweede sin knal die eerste akademiaans (”dorpsroman”) en in die derde sin tree die onderwyseres aan (“Daarom kry die leser eers vooraf …”). Ag nee wat, het nie nou tyd vir so-iets nie.

Wilhelm Jordaan oor Dirkie Smit se Dieper as wat ons dink, ‘n keur uit sy Saterdag-rubriek Geestelike Waardes in Die Burger. Begin met ‘n goeie punt (die lees van die meditasies as geheel is moeilik, want elkeen laat jou briek aanslaan). Daarna verval Jordaan in ‘n mymering van sy eie oor ‘n wêreld wat worstel met geestelike waardes. Volgende resensie asb.

Cecilie Cilliers oor Paul C. Venter se Die rebellie van Sloet Steenkamp. Het ek in die tagtigs voor die televisie vasgenael gesit om na die doen en late van iemand genaamd Sloet Steenkamp te kyk? Nee, ek het nie. Hierdie boek is skynbaar ‘n avontuur wat Steenkamp oorgekom het ná die televisiereeks se dinge. Sal maar eers die televisiereeks in die hande moet kry voor ek die boek lees. Miskien is dit te veel moeite.

Dan ‘n boek deur Antjie Krog in Engels. Gaan verby. Sal wag vir die Afrikaanse vertaling.

Beeld:

At van Wyk skryf oor Die Afrikaner-Broederbond – belewinge van die binnekant, deur Nico Smith. Lekker resensie – en wat ‘n slotparagraaf! “Só roei en stoei en knoei die kerk en Christene sedert die vroegste eeue. En Smith lê dit op sy manier bloot.”

My sentimente exactly, At: Gaan lees as jy belang stel in die Broederbond, maar eintlik, jy weet, gaap …

Stoffel Cilliers oor Landskap met diere van Welma Odendaal. Gee my krag! Positiewe resensie wat soos voorlopige aantekeninge lees.

Leon Rousseau oor Hennie Aucamp se Die huis van die digter. Aucamp sal bly wees hieroor, die eerste werklik positiewe resensie wat sy nuwe bundel kry ná twee minder opgewonde resensies. Interessante woord wat Rousseau vir “blurb” gebruik: tromp.

Volksblad:

Prof. H.P. van Coller van die departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat analiseer Eben Venter se Santa Gamka. Sekerlik ‘n akademies goed verantwoorde ontleding. Prof. H.P. van Coller gaan nie wanneer die volgende Hertzogprys vir prosa toegeken moet word, vir Santa Gamka bo-aan sy lysie plaas nie. Ek het die roman op die vlug hierheen begin gelees, en in die hotel klaargemaak. Vir my Venter op sy beste, soos laas met Begeerte. Soos Prof. H.P. van Coller sê, wie sal sy neus vir ‘n mindere doek van Rembrandt optrek?

Rapport:

Waar steek hulle deesdae die boekresensies op Rapport se webwerf weg? Kon geen nuwes opspoor nie.

***

Ons gesels in 2010 verder. Intussen geseënde Kersfees en ‘n allemintige boekejaar 2010 vir almal!

0 views

Recent Posts

See All

Swaai sterk

Soveel as wat ek saamstem met die toekenning van KykNet en Rapport se pryse vir die beste boekresensente van 2021 aan Jean Meiring, Charl-Pierre Naudé en Izak de Vries, dink ek dis tyd vir ’n radikale

Irritasie

Ja, die kat kom terug. Lekker lang vakansie. Rustige dae met die Suid-Afrikaanse ambassadepersoneel terwyl ek probeer om my lewe weer agtermekaar te kry nadat ’n tweevoetige eweknie van harige Mangali

El anciano gooi mielies

Kon sweer ek het Breyten Breytenbach gister in Barcelona sien stap. Dit blyk toe egter ’n ou Spaanse omie te wees, en ek sit met die daai simpel nadraai van ’n ou Spanjaard wat dink ’n jong - wel, soo

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page