top of page
  • Crito

Algaande leert men

Jonathan Amid reageer op Facebook op my teregwysing aan hom oor sy resensie van Toe ons oneindig was, deur Zelda Bezuidenhout.

Hy skryf: “Vandag se kort resensie op Netwerk24 van die nuwe jeugroman deur Zelda Bezuidenhout. Ek het die prestasie van 'n "vrot resensie" deur die gesiglose kenner Crito losgeslaan omdat ek durf om te sê dat meer volwassenes nou meer YA fiksie blyk te lees en 'n paar redes verskaf (uit 'n magdom!) hoekom dit dalk so mag wees. Ek meen, kyk na Graffiti en ander boekwinkels se verkope, loer na Nielsen se lyste en groepe soos die Lekkerleesboekrak hier op Facebook om te sien presies hoeveel buzz daar rondom hierdie boeke is. Ek suig nie die goed uit my duim nie.”

Mooi so. As hy sy resensie begin het met ’n verwysing na “Graffiti en ander boekwinkels se verkope,” aangehaal het uit Nielsen se lyste, selfs verwys het na Lekkerleesboekrak, sou niemand, veral nie die gesiglose uwe nie, ’n wenkbrou gelig het nie.

Hy moet maar die les leer wat ek as beginner geleer het by Harald Pakendorf: ’n Resensent durf nooit aanneem dat sy lesers alles weet wat hy weet nie. Jy moet hulle inlig.

In hierdie geval bly Amid se aanloop gewoon mymeringe omdat dit nie spruit uit ’n aantoonbare en aangehaalde feit nie. Of soos hy dit kostelik tipeer op Facebook, ’n “absolute klomp bol” wat moontlik goeie kompos sal maak.

Die man hét die gawe…

2 views

Recent Posts

See All

Swaai sterk

Soveel as wat ek saamstem met die toekenning van KykNet en Rapport se pryse vir die beste boekresensente van 2021 aan Jean Meiring, Charl-Pierre Naudé en Izak de Vries, dink ek dis tyd vir ’n radikale

Irritasie

Ja, die kat kom terug. Lekker lang vakansie. Rustige dae met die Suid-Afrikaanse ambassadepersoneel terwyl ek probeer om my lewe weer agtermekaar te kry nadat ’n tweevoetige eweknie van harige Mangali

El anciano gooi mielies

Kon sweer ek het Breyten Breytenbach gister in Barcelona sien stap. Dit blyk toe egter ’n ou Spaanse omie te wees, en ek sit met die daai simpel nadraai van ’n ou Spanjaard wat dink ’n jong - wel, soo

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page