top of page

Aangespreek

  • Crito
  • Mar 30, 2021
  • 4 min read

Dit is skynbaar ons lot in die lewe om dinge te herhaal. Hier staan ons nou weer voor ’n monumentale aakligheid. Of aaklighede. Dertig dae waarin allerhande onwaarhede oor ons President verkondig gaan word sodat die asbespreneur vry kan stap, ’n moontlike derde vlaag van Covid met gepaardgaande sluikhandel in drank, Charles Somerset se ironiese spook wat in Matieland rondloop.

Wat is dit met die protesterende Maties? Dink hulle waaragtig nog hulle gaan iets doen wat die mense by Tukkies, Kovsies, Poevirtsjo en Oedsj nie kon regkry nie? Mos op daai dorp wat die gesegde uitgedink is van mense wat nie in wonderwerke glo nie.

Soos Marlene van Niekerk, uitgeweke Matie, jarre gelede gesê het, mens moet jou parameters ken. Die land is op die afdraende pad and that is that.

Terwyl ek my taal nou so meng, was Nathan Trantraal se resensie van Veronique Jephtas se Soe rond ommie bos in Rapport nie lekker verby nie? Toe ek begin lees daaraan, het ek eers gedink hierdie dude is besig om te antjie op ’n skaal unknown to mankind. Kyk, ek laat my nie verlei deur die humorloosheid van wokeness nie. Ek erken ruiterlik dat Kaaps vir my noordelike ore ’n bietjie next to it is, en my eers aan die smile sit voordat ek stadiger lees en respekte begin kry vir die argument wat Trantraal aan die gang het.

Dis dan, wanneer mens besef hoe hy sy wesentlike kritiek vriendelik, begrypend verpak, dat jy die sprong maak na die groter betoog wat hy aanraak. Sy reaksie op haar gedigte sal sekerlik vir Jephta aanmoedig, en ek kry duidelik die idee dat ek een van die lesers sal wees wat baie kriewelrig sal raak by die leesslag.

Maar dit is Trantraal se opmerkings oor Jephta se aansluiting by performance poetry, daar waar, soos hy dit stel, die lyne geblur is tussen slam en written poetry. Overgezet zijnde, ons het dit hier te make met die groter verskynsel, een wat die beatniks al in die begin sestigs gepropageer het, van geskrewe digkuns wat ondergeskik is aan die voordrag of uitvoering daarvan.

Natuurlik is die verskynsel al so oud soos die berge. After all, waar kom poetry actually vandaan?

Ginsberg et al het al ’n bietjie swing in hul voorlesings geplaas, om van die odd pensklavier nie te praat nie, wat ’n taamlike skok was vir die generasies wat gewoond was aan die onuitstaanbare begrafnisstem van TS Eliot. Dis te verstane. Kyk hoe lank het dit die kinders van die sestigs en sewentigs geneem om gewoond te raak aan rap.

Maar nou staan ons in gans ’n ander era. As ek na my vriende by die boekwinkels luister, is dit deesdae moeiliker om digkuns te verkoop as wat dit is om dit te publiseer. En om digkuns uit te gee, is moeiliker as wat dit vir Carl Niehaus is om ’n skewe woord oor Jacob Zuma te sê.

Vir Nathan Trantraal sal baie van Jephta se gedigte ten beste werk as hulle op ’n verhoog uitgevoer word. Trantraal noem dit “liewendig kom”, en mens kan voorspel dat dit in ons tydsgewrig ook beter sal werk as podcasts, wat uiteraard ’n neweproduk van liewendig kom is. (En asb broeders en susters, let daarop dat ek nie van potgooie praat nie. Dis só ’n potsnotwoord.)

Ek sien dus uit na Jephta se podcasts, as ek haar nie voor die tyd op die stage sien nie. En Nathan Trantraal kan gerus meer as resensent ingespan word, en nie net vir boeke deur bruin skrywers nie. After all, transformation is mos ’n many-splendoured ding, nè? Trantraal is ’n joia de baia, soos my vriende in La Rochelle sou sê.

Op heeltemal ’n ander level - ’n week vantevore het Lindie Koorts in dieselfde publikasie geskryf oor Richard Steyn se Louis Botha: Krygsman, generaal, staatsman. Sy is nie ’n Matie nie, maar sy is ’n realis en sy ken van haar vakgebied. Genoeg om te kan sê dat Steyn ons almal liederlik vlak kyk as hy dink Louis Botha: Krygsman, generaal, staatsman gaan die gewone leser tevrede stel omdat hy nie sy boek op die historici mik nie.

Koorts se resensie sweef soos ’n Jeyes Fluid-luggie deur ’n zef kroeg. Dis ’n waarskuwing aan vakkundiges wat te lui is om primêre bronne raad te pleeg maar dan steeds verwag hul werk moet as gesaghebbend beskou word.

Sy smeer hom ook ’n bietjie heuning om die mond. Hy is, alles in ag genome, ’n onderhoudende skrywer. Maar die vingerwysing is baie pertinent en ’n durende les vir almal wat ooit die verskoning gebruik dat hy/sy vir die algemene publiek eerder as die fundi te skryf.

In hierdie geval is dit juis die gebrek aan raadpleging van meer onlangse Afrikaanse navorsing oor Botha wat Koorts opval. Is dit nie juis die Afrikaanse mark waarop hierdie boek gerig is nie? Wat sou Steyn besiel het om van sy lesers te verwag dat hulle ’n klomp stowwerige inligting uit Engelse bronne moet aansien vir vars gegote goud?

En wat is dit met uitgewers dat hulle aan elke nuwe geslag ’n epigoon van Piet Beukes probeer verkoop? Ekskuus, ja ja, dis nou maar eg Suid-Afrikaans nè? Ons glo ook nog al die jare dat ons ware politici as leiers het.

Recent Posts

See All
Swaai sterk

Soveel as wat ek saamstem met die toekenning van KykNet en Rapport se pryse vir die beste boekresensente van 2021 aan Jean Meiring,...

 
 
 
Irritasie

Ja, die kat kom terug. Lekker lang vakansie. Rustige dae met die Suid-Afrikaanse ambassadepersoneel terwyl ek probeer om my lewe weer...

 
 
 
El anciano gooi mielies

Kon sweer ek het Breyten Breytenbach gister in Barcelona sien stap. Dit blyk toe egter ’n ou Spaanse omie te wees, en ek sit met die daai...

 
 
 

4 Comments


billy24barne.s7.8.3.5
Jun 15

nh88 mình ghé lướt thử lúc rảnh, kiểu tò mò xem trang bày biện ra sao thôi. Ấn tượng đầu là bố cục chia khối khá rõ, kéo xuống không bị ngợp chữ, nhìn phát biết chỗ nào là phần hỏi đáp. Mình có đọc nhanh mục FAQ thấy họ nói thẳng chuyện đăng ký xong thì nhắn CSKH online 24 7 để lấy code tân thủ, nên khỏi phải đoán mò. Mấy tiêu đề cũng đặt dễ nhìn nên bấm qua lại giữa các mục không mất công tìm. Nói chung cảm giác dùng nhẹ nhàng, nhất là phần FAQ được tách riêng thành khung nội dung gọn gàng ngay trên trang.

Like

jennysilva3.2.3.12
Jun 09

O8 mình vừa lướt thử vài phút vì thấy mọi người hay nhắc, kiểu vào xem giao diện ra sao là chính. Ấn tượng đầu là trang làm khá gọn, nhìn phát biết chỗ nào là mục chính, chỗ nào là phần thông tin, không bị rối mắt. Mình dùng điện thoại vào thử thì thao tác cũng mượt, chuyển qua lại ổn, không phải phóng to thu nhỏ gì nhiều. Có cái mình thấy tiện là phần FAQ để khá dễ tìm, nội dung trình bày ngắn gọn nên đọc lướt vẫn nắm được mấy ý cơ bản. Nói chung cảm giác họ ưu tiên trải nghiệm người dùng trước, nhìn sạch sẽ và dễ làm quen. Mấy khối…

Like

uyenghomsoet.h.uy.e.n+abc123
May 07

SC88 mình vừa lướt thử vì thấy bạn bè nhắc, kiểu vào xem giao diện ra sao thôi. Ấn tượng đầu là trang nhìn sạch sẽ, bố cục chia mảng rõ nên không bị ngợp, mới vô cũng biết nên nhìn chỗ nào trước. Mình hay dùng điện thoại nên cũng thử mở trên mobile một lúc, thấy chữ với nút bấm hiển thị ổn, kéo qua lại không bị giật hay phải phóng to thu nhỏ liên tục. Mà cái mình thích là cách sắp xếp nội dung khá “thẳng”, cuộn xuống vẫn theo luồng, không bị nhảy lung tung. Nói chung trải nghiệm kiểu nhẹ nhàng, không màu mè quá, nhìn là hiểu. Cuối cùng vẫn thấy điểm…

Like

uyenghomsoet.h.uy.e.n+abc123
May 07

SC88 mình vừa lướt thử vì thấy bạn bè nhắc, kiểu vào xem giao diện ra sao thôi. Ấn tượng đầu là trang nhìn sạch sẽ, bố cục chia mảng rõ nên không bị ngợp, mới vô cũng biết nên nhìn chỗ nào trước. Mình hay dùng điện thoại nên cũng thử mở trên mobile một lúc, thấy chữ với nút bấm hiển thị ổn, kéo qua lại không bị giật hay phải phóng to thu nhỏ liên tục. Mà cái mình thích là cách sắp xếp nội dung khá “thẳng”, cuộn xuống vẫn theo luồng, không bị nhảy lung tung. Nói chung trải nghiệm kiểu nhẹ nhàng, không màu mè quá, nhìn là hiểu. Cuối cùng vẫn thấy điểm…

Like

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page