top of page
  • Uitmelkbos

ZOEMA MET WOEMA

Allerlei variasies bestaan van die storie oor die seuntjies en meisietjies wat kaal gekerjakker het. Mamma wil by haar dogtertjie weet: “Was julle almal dogtertjies of was daar seuntjies by?” Dogtertjie, doodonskuldig: “Weettie, mamma , ons het nie kleertjies aangehad nie.”

Wel die een of ander tyd groei bewustheid, en word juis die gebrek aan “kleertjies” ‘n soms problematiese onderskeiding. Lank lewe die verskil!

Presies wanneer die bewuswording van die eie toerusting begin, verskil waarskynlik van geval tot geval. Soms, skat ek, tree dit vroegerig in.

Nou die dag n.a.v. die storie van John Wayne Bobbitt se verlies aan die hand van ‘n vleismes (seker meer korrek: aan die hand van sy wraakgierige vrou, Lorena!) die storietjie vertel van die Randse seuntjie wat in die bad by sy pappa wou weet watse dingetjie is dit hierdie?

Pa kon die name afrits, in alfabetiese volgorde. Min ander goeters het soveel name (en naampies), vleiend en onvleiend. In die gees van die tyd was daardie pa se antwoord: “Hulle noem dit sommer ‘n bobbitt, my seun.”

In die moderne idioom sou ‘n vader seker kon antwoord: “Daai ding is ‘n zoema” (of ‘n toti, soos in Amazimtoti, soos ek vanoggend op Die Burger se brieweblad lees).

‘n Zoema val nogal lekker op die oor. Vervaardigers van allerlei hulpmiddels vir, soos dit elegant genoem word, “erektiele disfunksie” en daardie klas teenspoed, sou met slagspreuke soos die volgende kon toor:

Sit nuwe woema in jou zoema!

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page