top of page
  • Uitmelkbos

WP SE HUURSOLDATE

In vanoggend se Burger vat my oud-kollega Tom Ferreira WP-ondersteuners liggies aan oor wat hy noem hul “voortydige, hovaardige en neerbuigende opmerkings” oor rugby-aangeleenthede in die lig daarvan die die WP “nie juis die wêreld aan die brand gespeel het” die laaste paar jare nie.

Tom, jy’s nou Saterdag ‘n Cheetah; ek is in die eerste instansie ‘n Blou Bul, met die Cheetahs as my nommer-twee-span. Maar ek is dit met jou roerend eens dat dit darem “’n bietjie dik vir ‘n daalder” is hoe wysneusig party van ons Kaapse vriende van die kantlyn af oor aanstaande Saterdag se groot rugby saampraat.

Ek het dit onder meer oor die uitbeelding in allerlei nare e-posse van alle Blou Bulle as boerse, ongekultiveerde agtertangers. Miskien is ons in die algemeen nie sulke fyn here soos sommige Bolanders nie – maar ek is liewer ‘n agterganger wat wen as ‘n fynbeskaafde verloorder.

Kom ons los dit maar daar. Sommer as ‘n vinnige vingeroefening het ek die volgende WP-span saamgestel, met een gemeenskaplikheid tussen al die spelers, van heelagter tot agtsteman. Dit is dat almal van buite die WP kom – huursoldate dus.

Dit is nogal insiggewend as ‘n mens die aanspraak onthou dat Matieland en die WP die “wieg van Suid-Afrikaanse rugby” sou wees!

Huursoldate XV

Heealagter: Joe Pietersen – (van Grey-skoolbanke af gekoop)

Vleuels: Twee uit: Sereli Naqelevuki – Fidji; Wylie Human – Cheetahs/Blou Bulle;Tonderai Chavanga – Cheetahs; Bryan Habana – Leeus/Blou Bulle

Senters: Twee uit: Jacques Fourie – Leeus; Frikkie Welsh – Blou Bulle; Gcobani Bobo – Leeus/KZN

Losskakel: Een uit: Willem de Waal – Cheetahs; Matt Toomua -Australië

Voorrry: Tiaan Liebenberg – Griekwas; Schalk Brits – Leeus; Brian Mujati – Leeus

Slotte: Adriaan Fondse – Blou Bulle; Chris Jack – Nieu-Seeland

Flanke: Duane Vermeulen – Cheetahs; Hilton Lobberts – Blou Bulle

Agtsteman en kaptein: Luke Watson– Olifante/KZN

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page