top of page
  • Uitmelkbos

WOUDAPIE – SO WAREMPEL


“Woudapie se voet, man, dit was seker maar ‘n groenrugreiertjie of iets.”

Vir die skeptiese vriend wat hierdie onvriendelike kommentaar staan en lewer het op nou anderdag se blog oor waarnemings by Lake Panic naby Skukuza, het ek belowe hy gaan sy woorde saam met sy brekfispap moet opeet.

Wel, belofte maak skuld.

Hier’s my foto. Groenrugreier? Watwo!

Trouens, ons het daardie oggend ‘n groenrugreier ook gesien. En van die sku en skaam woudapie nie net hierdie enetjie op die foto nie, maar drie. Ongelukkig was hulle altyd net te ver uitmekaar vir ‘n groepfoto.

My lens is hoeka nie een van daardie byderwetse kanonlope wat professionele voel-fotograwe (met ‘n umlaut) rondkarwei nie.

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

Comments


bottom of page