top of page
Uitmelkbos

WOELWATER-WEDSTRYD

Elke oupa en ouma het seker pakke foto’s van hul kleinkinders, en is ook nie skaam om dit rond te wys aan almal wat wil kyk (of nie will kyk nie).

Hierdie ene van ons klein Jacob Claassens is in Sabiepark geneem. Die twee langnekke kon kwalik hul verbasing wegsteek toe die klein kortetejie skielik voor hulle opdoem.

Jacob (nou 5) was toe 15 maande oud. Hy en sy tweelingbroer, Thomas, was op hul eerste Sabieparkbesoek by oupa en ouma.

Ek het die foto gaan opgrawe n.a.v. die Huisgenoot-wedstryd vir foto’s van Mooi Oomblikke waarin kinders figureer.

Dis te laat vir trane – Huisgenoot het al die finaliste gepubliseer waaruit lesers hul “gunsteling-kleinding” moet kies – maar ek wonder of Jacob en die kameelperde wat hom so uit die hoogte betrag, nie dalk ook vir ‘n troosprysie in aanmerking sou kon kom nie.

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page