top of page
  • Uitmelkbos

WILDE WEDLOOP


Atlete met leeueharte? Atlete so taai soos ratels?

Hoe ook al: Die duisend of wat atlete wat vanoggend die 25ste Skukuza-halfmarathon in die Kruger-Wildtuin uitgespook het, sal seker almal saamstem dis nie jou gewone Saterdagoggend-draffie hierdie nie.

Nie met ‘n helikopter vol bespieders met kragtige verkykers wat bo jou kop duik en dreun nie. Ook nie met ‘n gewapende veldwagter elke kilometer om vir dreigende gevare dop te hou nie. Met die inry Skukuza toe is ons juis by ‘n troppie buffels langs die pad verby.

Wanneer die leeu brul (darem geblik) spring die atlete weg in Skukuza se personeeldorp waar ‘n kermis-atmosfeer op die sportveld heers. Die NGK Skukuza verkoop kerrie en rys; die skool worsbroodjies en so.

Die roete loop verby Lake Panic. Dan swaai die atlete links op die hoofpad van die Krugerhek af in Skukuza se rigting. Die wedloop eindig waar dit begin het. Die wenners word soos Comrades-helde met ‘n gejuig verwelkom.


Op die frokkies lees jy die name van klubs oor die hele land. Houtbaai was daar om die Wes-Kaap te verteenwoordig. . Ook Bethlehem namens die Vrystaat. Gauteng en  Mpumalanga oorheers. Van die deelnemers kom glo uit die buiteland.

My lojaliteit was by die Sabieparkspan van vyf sekuriteitspersoneel onder aanvoering van Alfred Mathebula.  Ook die klomp Tukkie-frokkies laat ‘n ou man se hart warm klop – veral die langbeen-nooientjies met die rooi, blou en goud strepe oor die bors.

Ouderdomme wissel van piepjonk tot duidelik nie meer so jonk nie. Opvallend baie van die gryses draf in frokkies wat op die een of ander kerkverbintenis lui: Run for Christ, Agape, ens.



Sy het op haar tweeplaat-gasstofie in Sabiepark dertig koppies rys vir die kerk se kerrie-en-rys-tafel gekook.

Dit het ons in koffer Skukuza toe karwei. Hierby is ‘n foto van Tokkie by haar rystas – in hierdie verband geen spelfout nie!

2 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page