top of page
  • Uitmelkbos

Wil jy sien hoeveel mense lees jou bloginskrywings?

Hallo LitNet-bloggers

Hier was die afgelope tyd baie versoeke van bloggers wat wou sien hoeveel mense lees hulle inskrywings. Almal het gevra hoe kan hulle ‘n teller op hul blogs aanbring. By nadere ondersoek is dit nou duidelik wat die probleem was: dis nie moontlik vir individue om self die blogteller op te stel nie. Die blogplatform is nooit so opgestel nie. Dis wel moontlik vir my, as blogadministrateur, om die teller namens individuele bloggers op te stel. So lyk die tellertjie (dit lê onderaan my blog in die regterkantste kolom):

Diegene wat belangstel om ook so ‘n teller op hul blogs aangebring wil hê, kan vir my ‘n e-pos stuur dat ek dit op die individuele blogs aanbring.

Stuur vir my e-pos na naomimeyer@litnet.co.za. Ek sal aan elke e-pos aandag gee en die tellers aanbring so gou dit menslik moontlik is.

Baie dankie, groete, Naomi M

Share this:

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page