@zephur kry nie ‘n salaris by LitNet nie, maar dalk verdien hy ‘n toekenning van ‘n aard.
Hieronder het ek sy blog heeltemal openlik gesteel. Hy het uiteengesit hoe om ‘n aktiwiteitskakel bo in jou persoonlike nutsbalk in te voeg. Noem dit wat jy wil, dis ‘n ding wat jou neem na ‘n ruimte waar jy al die bloggers se aktiwiteite kan sien ontvou soos wat dit gebeur.
Moenie moed verloor as jy die instruksies lees nie. As ek dit kon doen, kan julle dit almal doen. Maak ‘n volgende oortjie oop en plak LitNet se blogadres daar. Nou kan jy inspring en Zeppie se instruksies stap vir stap volg met hierdie blog langs jou oop.
Siedaar! Jou aktiwiteitsblog is geskep. Nou kan jy sien wie lewer waar kommentaar.
Laat weet of julle regkom.
Baie dankie, Zeppie.
Groete, Naomi M
Hier is Zeppie se blog:
Reg om ontslae te raak van die blog-in-a-bubble effek en om navigasie op die blogs soveel beter te maak, kort ons ‘n Aktiwiteitsblad…
Nou die aktiwiteit funksie is op elkeen se lede-blad op die oomblik. Daar kan jy sien wat die blogger se aktiwiteite was, waar het hy/sy kommentaar gelewer of wat is nuuts gepost. Tog bly dit moeilik om tussen blogs nog te navigeer, en dis sal lank neem om so by elke persoon in te loer.
Reg ons gaan twee goed vandag doen. Eers die aktiwiteitsblad en dan navigasie tabs (links). As julle gaan loer hier op my blog, sal julle die tabs sien wat ek opgestel het… Blogs Hoofblad / My Lede Blad / My Blog / Aktiewe Lede / Aktiwiteitsblad
……..
Ek vermoed dat die bloggers wat ander temas gebruik as die default ‘BuddyPress Litnet Blog’ miskien anders verstellings gaan kry as wat ek hier onder gaan verduidelik. Wat julle kan doen is gaan eers terug na die default tema, doen die verstellings en kies dan weer die tema wat jy nou op het…
Ok eerste stap…die aktiwiteitsblad Gaan na jou paneelbord (vir die wat nog nie weet om daarby uit te kom nie…kliek op ‘My Webwerwe’ bo in die nutsbar (swart bar), dan op jou blognaam, en paneelbord is daar ok in die paneelbord, kliek op ‘Blaaie’ kies Skep nuwe gee hom ‘n titel soos – Aktiwiteitsblad dan aan regterkant onder ‘Page Attributes’ staan daar ‘Templaat’ (template) kliek op die dropdown list en kies ‘ BuddyPress – Activity Directory’ dan volgende stap onder ‘Publiseer’ kliek ‘Publiseer’ ok die Aktiwiteitsblad is geskep
Tweede stap…navigasie tabs in jou paneelbord kliek op ‘Appearance’ dan kies jy ‘Kieslys’ by ‘Menu Name’ tik in ‘n naam – noem dit ‘Blog Menu’ kliek dan ‘Create Menu’ nou is die menu gemaak en items moet bygevoeg word van opsies in linkerkant…’custom links en blad’ gaan na ‘Blad’ daar sal jou ‘Atiwiteitsblad’ wees kliek die regmerkie blokkie links van hom en kliek dan ‘Add to Menu’ hy sal dan verskyn onder die menu as ‘n tab
Nou om die ander tabs by te voeg gaan na ‘Custom Links’ by ‘Label’ gee jy die item ‘n naam…noem dit ‘Blogshoofblad’ by ‘URL’ tik in daar – http://blogs.litnet.co.za kliek dan ‘Add to Menu’ hy sal dan ook regs onder die Blog Menu verskyn as ‘n tab
Gaan weer na ‘Custom links’ by ‘Label’ gee jy item ‘n naam – noem dit ‘My Ledeblad’ by ‘URL’ tik in daar – http://blogs.litnet.co.za/members/naam naam = jou gebruikersnaam kliek dan ‘Add to Menu’ hy sal dan ook regs onder die Blog Menu verskyn as ‘n tab
Gaan weer na ‘Custom links’ by ‘Label’ gee jy item ‘n naam – noem dit ‘My Blog’ .Bloggers hier met meer as een blog kan dan ook ektra tabs genereer, en ook ander name gee vir die tab. by ‘URL’ tik in daar – http://blogs.litnet.co.za/naam naam = jou gebruikersnaam kliek dan ‘Add to Menu’ hy sal dan ook regs onder die Blog Menu verskyn as ‘n tab
Gaan weer na ‘Custom links’ by ‘Label’ gee jy item ‘n naam – noem dit ‘Aktiewe Lede’ by ‘URL’ tik in daar – http://blogs.litnet.co.za/members kliek dan ‘Add to Menu’ hy sal dan ook regs onder die Blog Menu verskyn as ‘n tab
Na al die stappe kan jy op die tabs binne in die menu setup kliek en rondbeweeg om volgorde te bepaal soos jy dit verkies…ok as jy tevrede is kliek dan op ‘Save Menu’
gaan na ‘Theme Locations’ by ‘Primêre Navigasie’ kliek op die drop down list en kies die menu nou net geskep ‘Blog Menu’ kliek op ‘Stoor’
Daarshy ons is klaar met die les
Gaan nou na jou blog en kyk of die tabs werk.
Laat weet as julle vashak…
:- )Zeppie(-:
Comments