top of page
  • Izak de Vries

Wen lekker pryse met jou gedig

Hier is nou ’n lekker manier om geld te maak met jou digkuns!

IBM Duitsland en die Internasionale Literatuurfees in Berlyn bied 500 Euro aan die drie beste gedigte geskryf volgens die tema “Goeie Hoop”.

Gedigte kan in enige taal wees, maar slegs Engelse gedigte kan in aanmerking kom vir die prys. Die organiseerders bied egter pryse aan vir vertaalde werk ook, so deelnemers word aangemoedig om gedigte in te stuur in hulle moedertaal saam met ’n vertaling. Die vertaling hoef nie deur die oorspronklike outeur gedoen te word nie.

Indien ’n vertaalde gedig wen, sal die vertaler ook deel in die prysgeld.

Dus, as jy goed kan dig, of iemand ken wat kan dig en jy kan goed vertaal, klop aan by die volgende webruimte: http://www.sawubona-musicjam.com/poemsofgoodhope

Wie sê daar is nie hoop vir digters nie?

1 view

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page