top of page

Die ATKV-Liedjieslypskool

  • Izak de Vries
  • May 25, 2015
  • 2 min read

Die jaarlikse ATKV-Liedjieslypskool het op Donderdag 21 Mei 2015 ’n hoogtepunt bereik by die Slanghoek-konferensiesentrum neffens die Goudini Spa.

ree

Pedro Kruger, wat aan die hoof was van die projek, sê die pragtige omgewing was deel van die sukses. ’n Mens kon nie anders nie as om begeesterd te voel wanneer jy op die stoep sit en oor die vallei uitstaar.

ree

Hier is Pedro saam Anna Davel. Albei het die deelnemers gehelp met hulle werk.

ree

Die ander aanbieders was Jaconell Mouton, Simon Witbooi (hierbo, bekend as Hemelbesem), Douw Steyn, Babette Viljoen en Olga Leonard.

ree

Jaconell het die meeste deelnemers begelei.

ree

Van die begin af is die deelnemers bekendgestel aan klank- en mikrofoontegnieke.

ree

Die rooi tapyt is uitgerol vir die spogaand.

ree

Videopnames is gemaak, die ATKV het reeds van die deelnemers gehelp om hulle musiek amptelik te registreer by SAMRO sodat hulle intellektuele regte beskerm kan word.

En hier volg die deelnemers.

ree

Remy Alard

ree

Francis Brown

Jaco Nel

ree

Nico de Beer

ree

Daphne Arendz

ree

Reynard Karstens

ree

Oswald Johannes

ree

Jaco Smit

ree

Carlyn Fransman

ree

Herman Kleinhans

ree

Nashraam Samuels

ree

Sumarie Uys

Whaden Johannes

ree

Jak de Priester het ook ’n draai gegooi en opgetree.

ree

Die hoogtepunt van die aand was toe Pedro Kruger aangekondig het die ATKV gaan nie meer ’n professionele liedjieskrywer betaal om ’n temalied vir hierdie projek te skryf nie, dié lied is reeds geskryf - deur Daphne Arendz. Haar lied “Die song wil my nie los nie” is tydens die slypskool geskryf en was onmiddellik ’n treffer onder al die deelnemers. Anna Davel het dit in die geheim ingestudeer en opgevoer.

ree

Japie Gouws, die besturende direkteur van die ATKV-groep, het ná die tyd die organiseerders geluk gewens met die gehalte wat ons die aand gehoor het.

ree

Hierdie twee manne het rede om te glimlag. Links is die hoofbestuurder: ATKV-kultuurprojekte, Gerrie Nel, en langs hom is Morné van Staden, die projekbestuurder van die ATKV-Liedjieslypskool.

ree

Hier is Japie Gouws, Adv. Johan Kruger, Visevoorsitter van die ATKV-direksie, en sy gade, asook die uitvoerende direkteur: kultuur, Dr. Danny Titus.

ree

Sela. Hou die name hierbo dop.

ree
ree

Solms Delta het die wyn geborg.

Recent Posts

See All
Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

 
 
 
Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

 
 
 

Comments


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page