top of page
  • Uitmelkbos

wElkOm iN kAaPStAd

Een muur van die indrukwekkende nuwe R1,6 miljard se eindpuntgebou van die Kaapse Internasionale Lughawe – waarlik eerstewêrelds in styl en omvang (‘n ronde 50 000 vk. m) – word oorheers deur ‘n banier wat lyk of ‘n bewerige letterskilder dit op ‘n sinkplaatpad geproduseer het.

Dié banier lui: “Welcome to our new terminal. Proudly Cape Town”. Die letters dans oneweredig op en af. Party spring boontoe uit. Ander tuimel na benede.

As dit by ‘n hawe se eindpunt was, sou jy seker kon sê die reuse-letters lyk bra seesiek – steierend op wankelende bene op ‘n skip wat deur die deinings op en af ploeg.

Synde op ‘n lughawe, is die beeld wat by jou opkom, een van ‘n kwaai turbulensie en die vlieënier se stryd om die stampende lugskip op ‘n vaste baan te hou.

Die meisie by die inligtingstoonbank was uit die veld geslaan toe ek haar vra of dit die bedoeling was om ‘n soort St. Vitus-karakter met die banier te skep.

Nadat sy lank gekorrel het, het vir haar ‘n lig opgegaan oor wat my kwel. Weet nie of dit sedert Vrydag dringend herstel is nie, maar kyk gerus deeglik, en hou maar aan die naaste reling vas!

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page