top of page
  • Uitmelkbos

WEET NOG NIE

Dit is nou Maandagoggend 08:30.

Ek voel oningelig omdat ek na ure se sit voor die TV (Sy-bie-sie. SKY en CNN) en die deurlees van voor tot agter van Rapport gister en Die Burger vandag nie weet waar was FW de Klerk gister, hoe die Tutu-knoop deurgehak is, hoe die begrafnisbrief gelyk het (hoeveel bladsye, watter foto’s, ens), wat die Kwien van Ingeland vir Madiba geskryf het, en hoe Jurgens Prinsloo lyk wat die Hercules met die kosbare vrag op sy laaste vlug Mthatha toe gebring het nie.

Die belangrikste wat ek nie weet nie is: Wat was  die impak op die oudstes van die Temboestam  van die voeteslepery van die langasem-toespraakmakers sodat Madiba nie 12:00 toe die son op die hoogste was in sy graf was nie.

Is dit maar vir tradisie/kultuur/voorvaders goed so dat hy ten minste voor 13:00 in was?

#hennievandeventer #uitmelkbos #vreaoormadiba

0 views

Recent Posts

See All

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

bottom of page