Mieliestronk is ‘n bekende naam in Afrikaanse huise. Vir tienduisende ouers en skoolkinders beteken dit: ‘n goudmyn van inligting vir elke denkbare skoolprojek.
Nogal ingenome om te kan meld ‘n foto van ‘n bontkuifvisvanger wat die uwe by Lake Panic naby Skukuza in die Wildtuin geneem het, kry jy ook daar.
Vir my kollega Ollie Olwagen was dié webwerf lank ‘n (veeleisende) troetelkind. Toe verkoop hy dit aan Media24 se tydskrifte. Maar daarna raak die leënes-sindroom vir die gesoute joernalis eens te erg.
Nou bedryf hy die nuwe werf Mieliepit, wat ek van harte wil aanbeveel by enigeen wat letterlik enige taalnavraag het. Die adres is http://mieliepit.net16.net Stel dit gerus op die proef.
Skoliere, leerkragte en enige belangstellendes word spesiaal genooi om deur middel van die nodige e-vorm met mieliepitnet in aanraking te kom met vrae oor die grammatika, idiome, korrekte woorde of wat ook al in en rondom Afrikaans.
Wens tog so die argeloses en kan-nie-worrie-opmorsers van ons taal wil ook kennis neem dat hulp net ‘n klik ver is. Slordige Afrikaans groei, helaas, soos onkruid.
Comentarios