top of page
  • Izak de Vries

We want sex

In 1968 het ’n groep vroue, wat vir Ford gewerk het, begin staak en het ’n groot banier geprakseer wat gelees het: “We Want Sexual Equality”. Julle kan dink wat toe gebeur het – die een deel van die plakkaat val plat en al wat oorbly is … (lees my slim opskrif).

Daar is nou ’n film gemaak oor daardie staking. Made in Dagenham het pas begin draai in Suid-Afrika.

Ek wil dit bitter graag sien – en sal terugrapporteer wanneer ek het.

Ek het al baie gelees oor daardie tyd in Engeland. Dit is verbasend hoe lank mans gedink het hulle kan beter dink as vroue.

Ek onthou nog die dae toe my eie ma minder verdien het as mans, toe my ma, wat die pot aan die kook gehou het, my sukkelende pa se toestemming moes kry om enigiets groot te koop. (Getroude vroue is as minderjariges behandel voor die wet.)

Ek het my vorige inskrywing afgesluit met die gedagte dat demokrasie nie deur alle filosowe gesteun word nie. Dit mag so wees, maar die enigste ding wat erger is as demokrasie is ’n gebrek daaraan.

Gaan kyk Made in Dagenham. En vier die feit dat ons grondwet demokrasie en gelykheid onderskryf.

Dit was nie altyd so in Suid-Afrika nie.

Hier is Peter Bradshaw se resensie oor Made in Dagenham.

1 view

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page