top of page
  • Izak de Vries

Wat is sexy?


Watter een kies julle?

Ant Sussa publiseer fraaie kiekies.

Viswyf publiseer kiekies en wil weet wat is sexy.

Max publiseer ’n sexy vrou op ’n kar.

Ezile se spookstories gee my die ritteltits.

Oom Flenters vertel vir ons sy ou geliefde is soos ’n suurlemoenboom – mooi én nuttig, en hy raak toe heel aangedaan oor sý kiekies.

Die prinses haak heeltemal uit en vertel vir ons Noddy was al die jare ’n sekstoy...

Wat moet ek nou doen om by te hou?

Wel, ek moes sexy onderklere afneem vanaand.

Een van my stories (Ondergoed) gaan hopelik volgende week in Engeland verskyn, en hulle wil toe sommer dat ek die foto ook moet verskaf.

Vroulief wil ewe weet of ek ’n model in ’n kantbroekie wil afneem, maar ek sê toe nee, gits, die verhaal gaan juis oor ’n kuise meisie in ’n kuise gewaad.

Kyk, al is ek niks skaam vir kale jonkers en grote pronkers nie, hou ek daarvan om ook ’n bietjie te terg.

Ek hou die meeste van die een links, my geliefde verkies die een regs. Watter een kies julle?

So wat is sexy? (Dis wat Viswyf wou weet.) Ek kan eerlik sê: Gee my ’n goeie handdruk, begin intelligent gesels en, o genade! Ek het die ander dag ’n nuwe redakteur ontmoet, en net daardie handdruk en die manier waarop sy my in die oë gekyk het ... (Sak, Sakkie, sak!)

Vra vir oom Flenters. Lekker is ’n vinger lank. Lekker gesels, dis ’n leeftyd lank!

1 view

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page