top of page
Uitmelkbos

WAT BRAAI ONS VANAAND?

Die vuurtjie het net begin vlamvat, sommer nog vroegmiddag, toe die hiëna op die foto hierbo uit die bos stap en kom inspeksie doen, só al of hy wou vra: “Wat braai ons vanaand?”

Dié foto is al ‘n hele paar jaar gelede in Sabiepark geneem, soos mense wat die Van D’s se bosplek, Tarlehoet, ken, sal agterkom. Die paaltjieheining rondom my lapa’s het toe nog ontbreek.

Nietemin, ou foto of nie oud nie, die voor-op-die-wa hiëna het nou vir die uwe R1 000 se kruideniersware, of iets in daardie voege, in die sak gebring.

Sy snuiwery aan die braairooster vlakvoor ons voorstoep het ek destyds nog op film verewig (voor die dae van ‘n digitale nommertjie in my kamerasak). Nou is dit een van die pryswennende foto’s in ‘n braaifotowedstryd van Pick ‘n Pay en Die Burger.

Dis aan Marisa te danke. Sy het die advertensie raakgesien en besluit Pa se hiënafoto is net die ware Jakob. Ek moes nog rondkrap om hom te vind, en was half ergerlik oor die moeite.

Maar R1 000 se kos is darem nie te versmaai nie, al sal my dogter kommissie moet kry vir haar wenk en aanmoediging.

Eintlik verdien die “model” seker ook ‘n happie van die prys, maar hoe sal ek nou ooit weet of hy nog een van die ses of wat van daardie dierasies is wat ons siele by Sabiepark versondig?

Ek wys dié foto hier nie omdat ek só trots is op die prys nie; wel omdat dit, wat my betref, ‘n nogal ongewone foto van ‘n hiëna is. Oor die jare het ek baie ongewone dierefoto’s in Sabiepark en die Kruger-wildtuin geneem. Dalk moet ek ‘n reeks van hulle op my blog sit:

Twee olifante in n “slurpgeselsie”;

‘n Klipspringer op’ n padpredikant;

‘n Sebra’tjie maak kennis met ‘n Weberbraaier;

‘n Vlakvark duik oor ‘n muurtjie agter n peuselkossie aan;

‘n Koedoe vreet die voëls se pitjies;

‘n Bospatrysie speeel “spietkop-spietkop” ….

Aarde, daar is baie om uit te kies. Maar moet asseblief nie vir my sê ek is gelukkig nie. Onthou Gary Player se gevleuelde woorde: “Hoe meer ek oefen, des te gelukkiger word ek!”

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comentários


bottom of page