top of page
  • Uitmelkbos

WAARDE VIR GELD

Absolute waarde vir geld.

In George (op George?) was ek en Tokkie nou tuis in ‘n moderne, netjiese, gerieflike kraakskoon eenslaapkamerwoionstelletjie met allerlei verrrassings in die yskas teen R200 per nag. Nee, dis geen tikfout nie.

Spesiale pluspunte: goeie adres, rustige omgewing, hanetree van die hospitaal, minute van die hart van die dorp (stad?), DSTV, veilige parkering by jou voordeur, tafeltjie met aantreklike tafeldoek vir ontbyt buite onder die bome.

Vir navrae: Kitty Kruger, 0722345 355.

Terloops as dit Donderdag is en jy’s ‘n lid van die kieriekommando laat vat Mosselbaai toe. Die Kingfisher (op die see) bied ‘n spesiale middagete vir pensioentrekkers (vis en skyfies en ‘n glasie wyn) teen R29,50. Geen wonder nie daar is vier sessies al van 11:00 in die oggend af. Almal tjok en blok.

Eet vroeg, eet reg, eet dikwels!

Beste van als: hierdie wenkies kom met komplimente van HvD. Gratis en verniet.

(Naskrif: Vir ‘n foto van die woonstel, gaan na my ander blog by www.hennievandeventer.com/hvdblog of Hennie van Deventer se muur op Facebook. Litnet verseg steeds om my foto’s op te laai.)

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

Comments


bottom of page