
Voel jy vuur en vlam oor jou Harley? Dan is hierdie “vurige” fees uitgeknip vir jou.
In ‘n advertensie in vanoggend se “Burger” lees ek Harley-Davidson, Kaapstad, “vuur” sy tiende verjaardag.
Vir ‘n oomblik wou-wou ek wonder of hier dalk ‘n slimkop aan die werk was. Is dit ‘n sinspeling op die vurigheid van die fiets?
Ek hoef nie lank te gewonder het nie.
Net in die volgende lyntjie staan jou werklikwaar: “Kom in en vuur ons 10de verjaarsdag met jou deal van die dekade!”
‘n Mens wil sommer vuur spoeg as hulle so mors met jou taal! (HvD)
Comments