Voorlopige hulp en wenke
- Uitmelkbos
- Oct 25, 2012
- 1 min read
Hallo bloggers
Ek hoor al julle praktiese navrae oor die blogs hard en duidelik. Ek wil so gou moontlik antwoorde bied, maar hoop julle sal my vergewe as ek ‘n tydelike reëling tref om te kan help. Dit is voorwaardelike hulp … julle sal nou-nou verstaan.
LitNet se WordPress-blogs is ingenestel tussen 24.com se ander blogwerwe. Daarom is daar baie raakpunte tussen die voorkoms van sê maar Food24, Women24 en LitNet se blogwerf. Die hart en siel van elke plek is natuurlik verskillend (ons is die lekkerste plek om te wees :)).
24.com se mense het gou vir my skakels gestuur wat by Food24 as hulpmateriaal aangebied word. Ek beklemtoon dat LitNet se blogwerf verskil van Food24 se blogruimte. Daarom sal hier verskille wees tussen hulle uiteensettings van hoe dinge werk en hoe dit by LitNet se blogruimte werk.
Die navrae is so baie vanoggend (is dit al middag?) dat ek egter weet ek gaan nie by almal s’n individueel uitkom nie. En daarom voorsien ek julle solank van Food24 se hulpskakels, dat julle ‘n idee kan kry van hoe WordPress op ‘n ander blogruimte werk.
Hier’s die voorwaarde: Moet nou nie almal gaan staan en blog by die kosruimte nie …
LitNet werk aan ons eie hulpwenke en sal julle nog hiervan voorsien.
In die tussentyd, vir almal wat kopkrap en nie in staat is om optimaal te blog nie, kyk solank hierna (met dank aan Food24):
Groete, Naomi M
Comments