top of page
  • Uitmelkbos

VOORBLADFOTO


Reken net: dat ‘n ou koerantestrydros nou 77 jaar oud moet word voordat die eerste keer een van sy foto’s oor die volle 7 kolom op die voorblad aangebied word. Dankie, Burger, lekker gewees om die koerant saam met die eerste koppie koffie in die bed te kry.

Die foto (oor 4 kolom) was ook op Volksblad se voorblad (plus die berig).Die foto stoom voort. Het self plakkate gehaal, hoor ek uit Stellenbosch. So lyk Henri op 11 – iets in daardie trant.

Wie sou dit ooit kon raai toe ek 12 jaar gelede die Cannon se knoppie in Sabiepark druk om ‘n doodgewone gesinnetjie op ‘n doodgewone middagwandeling af te neem, dat later om hul koppe soveel opspraak sou ontstaan?

Was ek in die VSA het die dollars nou ingerol. Maar nou is ek in SA. Al wat ‘n mens hier vir jou moeite kry, is ‘n paar pluimpies en dalk ‘n dankie hier en daar. Maar wat: dis ook genoeg, dankie! Die lekkerte kan geen geld koop nie.

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page