top of page
  • Izak de Vries

Volpunte vir soektog na Casie en Driesie

So ’n paar maande gelede het Johannes de Villiers by my huis ingeval. Hy wou weet of ek ’n idee het waar om Casie en Driesie, daardie twee broers wat deur Roger Ballen beroemd gemaak is, op te spoor.

Ons het pas DORPS uitgegee, so ek het Roger genader, maar hy kon ook nie help nie.

Johannes is egter ’n joernalis en een wat nie tou opgee nie. Hy het hulle waaragtig opgespoor en ’n wonderlike artikel in gister se Rapport gepubliseer oor die twee broers.

Lees gerus self as julle dit nie reeds in die Rapport gesien het nie.

Terloops, Johannes is ook die skrywer van die interessante boek AGTER DIE SOMBER GORDYN.

0 views

Recent Posts

See All
bottom of page