top of page
  • Izak de Vries

Vir alle sterk vroue

Gisteraand was ek by die opening van die eenpersoonstuk As die broek pas met Antoinette Kellermann in die rol.

Dit is ’n vertaling van Manfred Krage se Jacke wie Hose – ’n swaar stuk wat afspeel net voor en net na die Tweede Wêreldoorlog.

Marthinus Basson was verantwoordelik vir die regie en die stel. Julle kan dus dink dat alles puik was – Kellerman was natuurlik ook ongelooflik.

Gaan heen en gaan geniet dit – alle sterk vroue moet hulself soheentoe neem (okay, Droomkind, Krokodil en vriendinne?).

Die Afrikaanse stuk speel in die Fugard tot 21 Augustus en dan doen Kellerman dit weer in Engels van 24 tot 28 Augustus. (Die Engelse titel is Man to man.)

Gaan heen sterk vroue – en mans wat nie bang is vir broekdraers nie. Dis ’n wille stuk, maar dis ’n goeie stuk.

(Hoe bitter hartseer – en ironies – is dit nie dat ek dit skryf so baie kort na die dood van Fiona Coyne nie. Nie net was sy die kragdadige stem agter South Africa's Weakest Link nie, sy wás in eie reg ’n fenomeen.)

Wel, Kellerman is ook ’n fenomeen. Gaan heen en gaan geniet ’n baie interessante stuk oor menswees, vrouwees én manwees ...

1 view

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page