top of page
  • Uitmelkbos

Verwarrington: vars bulletin

Moenie moed verloor nie. Weet nie wat die Latyn daarvoor is nie, maar dis ‘n goeie leuse wat met vrymoedigheid aanbeveel kan word vir enigiemand wat ‘n gevleuelde woord soek om op ‘n balkie onderaan ‘n skool- of ander wapen aan te bring.

Op hierdie positiewe noot kan ek vanoggend my vars bulletin oor die Verwarrington-sage afskop. Dis ‘n heuglike moment.

Ek kan naamlik op gesag van die Poskantoor rapporteer dat my geregistreerde brief met al die bewyse van my betalings gister afgehaal is. Dit het op 3 Oktober Verwarrington bereik – het dus net minder as drie weke le en wag terwyl ek met dese en gene stoei om hulle tot aksie te probeer aanspoor.

Met die bewyse hopelik nou in die regte hande – altyd die aartsoptimis, dis ekke! – begin n dowwe ligkolletjie aan die einde van die tonnel uitslaan.

Dankie vir al die simpatieke belangstelling wat my eerste mededeling hier uitgelok het …. en vir die waardevolle advies wat my ook op ander wyses bereik het Van daardie advies is so waardevol dat dit nie in die openbaar durf herhaal word nie!

Hennie van Deventer

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page