top of page
  • Uitmelkbos

VERSIE VIR HYGNET

Goeiedag

Alles lyk bitter vreemd. Die ouman sal maar voel-voel sy weg moet vind.

Waar aanvaar ek ‘n uitnodiging om ‘n vriend te wees?

Hoe kry ek my gevreet weer by my epistels?

Pogings om ‘n agtergrondfoto op te laai, stuit telkens  teen die ontnugterende mededeling: aikona, willieweki.

Nietemin, skuus vir die wals. Laat ek die baan met ‘n hygversie open.

Het my vanoggend voor die skeerspieël te binne geskiet.

DANSERESSIE

O Monica, japonika,

wonder of jy weet

hoe jy sans japonika

die swyne laat sweet

as jy saans, mooi Monica,

jou perelsnoere afmeet.

Groetnis

HvD (daai ou met die gryskop)

9 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

Comments


bottom of page