top of page
  • Uitmelkbos

VERKEERDE PERD OPGESAAL!

“Jippie-jippie jip, ou pêhert!”

Ek dag altyd Chris Blignaut se immergroen liedjie “Ou Ryperd” (deur Dozi nuwe lewe ingeblaas) is só Afrikaans soos koeksisters.

Een van die musikale ontnugterings van my amper 70 jaar op aarde was toe ek verneem dit dra eintlik die stempel “Made in the U.S.A.”

“Ou Ryperd” is inderdaad ‘n vrye vertaling/interpretasie van die VSA se “Old Faithful we roam the range together”.

Ja, ‘n perd nie net van ‘n ander kleur nie, maar ook van ‘n ander taal, land en kultuur.

Gaan luister maar – Amerika se “Old Faithful” en ons Boere se “”Ou Ryperd” is vinkel en koljander.

Wat opval uit die lirieke is dat die perd in die Amerikaanse weergawe ‘n naam het en die nooi nie. In Afrikaans is dit andersom. Is die Amerikaners liewer vir hul perde en ons vir ons meisies?

Só sing Chris Blignaut en Dozi:

Ou Ryperd, ons ry die pad tesame

Ou Ryperd, so deur die lewensbane

Wanneer jou rydag oor is,

Gaan jou ou lyf lekker rus

Jy, ou Ryperd van my.

Jaag maar aan ou maat

Die maan skyn helder (heller!) vanaand

Jaag maar aan ou maat

My nooientjie sy wag vir my vanaand

O hoor hoe tjank die jakkals op die rivier se brug

En dra my op jou lekker ou rug

Jaag maar aan ou maat,

want my nooientjie sy wag daar vanaand.

KOOR:

Jippie Jippie Jip (x2)

My ou perd

Daar is voer en rus

En jy doen jou bes my ou perd

Dra my oor die rivier se brug

Dra my op jou lekke ou rug

Na my nooi Sannie

Die dogter van Tant Annie op die plaas.

En hier is die lirieke van “Old Faithful”:

Old faithful, we roam the range together

Old Faithful in any kind of weather,

When the round up days are over,

And the boulevard’s white with clover,

For you old faithful pal of mine.

Giddy up old fella cos the moon is yellow tonight,

Giddy up old fella cos the moon is mellow & bright,

There’s a coyote crying at the moon above,

Carry me back to the one I love,

And you, old faithful pal of mine.

Nog iets wat ek nie geweet het nie (ek lees dit op die internet) is dat die Tukkies in ‘n stadium daarvan ‘n patriotiese intervarsity-lied gemaak het:

“Stad van die noorde, O ek verlang na jouhou/ Stad van die noorde, die jakarandas is weer blou-ou/ Al my lief en leed het ek daar aanskou/ op jou wil ek my toekoms bou? Voortrekkerstad, ou Pretoria/ Elke ou Tukkie verlang na jou/ Ons Alma Mater sal ons nooit vergeet nie/ Ou Pretoria …”

Is ek dan ‘n vreemdeling in Jerusalem dat ek hierdie goeters nie geweet het nie?

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page