top of page
  • Uitmelkbos

VERKEER VOOR ONS HUIS


VERKEER VOOR ONS HUIS

Seiljagte sien ons soms in die verte op die Atlantiese Oseaan dobber, maar normaalweg is seiljagverkeer by ons Melkbos-huis verby aansienlik skaarser as byvoorbeeld sebraverkeer by ons boshuis op Sabiepark. Hierdie foto’s is Vrydag hier by Penguin Place geneem – die boonste een van die bo-dek en die onderste een, met die heining ook sigbaar, van die stoep af. Watter wedvaart dit was, weet ek nie. Al wat ek weet, is dat dit heel aanskoulik was toe die kleurryke seile so al bollende in ‘n noordelike rigting verby vaar, waarheen ook al. So naby was hulle nog nie in die twaalf jaar dat ons op Melkbos nesgeskrop het nie. Ek deel dit graag.

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page