top of page
  • Uitmelkbos

VERJAARDAG IN DIE REeN

Vanoggend het dit vroeg begin sous. Ons eerste, werklike winterreens.

Op pad met Ouma van Darling af Melkbos toe moes Tokkie by Mamre ‘n rukkie stilhou dat die stortreen kan bedaar.

Ouma, op haar 98ste, sit met ‘n kniekombersie in haar rolstoel oor die see en staar – in haar gunstelingposisie toe sy nog op Melkbos gewoon het.

Maar die uitsig is gryser as wat sy onthou. Dis triestig. Die kaartjies en gelukwense – en die mooiste bos blomme van ou Bloemfonteinse bure, Chris en Annette van Rensburg – laat haar hart egter warm klop – al sukkel sy om alles mooi te hoor.

Op die foto bekyk sy haar van kaartjies. Van hulle is in groot liefde self vervaardig.

1 view

Recent Posts

See All

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

bottom of page