top of page
  • Izak de Vries

Verdraaide titel



Die titel wat die lekkerste lag in ons vriendekring veroorsaak het, is Milan Kundera se Immortality.

Liewe vriendin Liz, heel goed gekerk in haar jeug, kon haar hande nie van die boek afhou na ek dit gekoop het nie. Sy trek toe dus weg voor ek nog dit kon lees. Dis ’n dík boek, vir diegene wat dit nie ken nie.

Halfpad deur moes sy bieg: Sy’t weer deeglik na die titel gekyk en besef sy’t al die tyd verkeerd gelees. Sy’t gedink die titel is “Immorality”.

Liewe Lizzie het die boek wel klaar gelees en toe kon ek ook.

Op ’n soortgelyke noot: Ken julle PG du Plessis se The married man’s guide to adultery? Dit gaan oor die “adulterations” in die wêreld. Werklik pragtig, maar jy gaan min tips daarin vang oor hoe om ’n affair te hê!

Oor intelligente leesstof oor affairs en die verwante konsekwensies, lees liewer Maangodin Annelise se Maanvrug.

1 view

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page