top of page
  • Uitmelkbos

Verandering

André Bartlett resenseer Die dans met God, deur Abel Pienaar. (Boeke24) Wat vir die een afvalligheid is, is vir die ander ’n herstel van nugterheid. Bartlett se benadering tot Pienaar se Zen-boek, en veral die raakpunte daarvan met die Christelike sfeer, is een van stille betragting, van weeg en besin, en uiteindelik ook een van ’n openheid van gees. Waarderend genoeg om diegene wat by Pienaar se soeke aanklank vind, te stuur na die boek; en diegene wat nie só ingestel is nie, ten minste ’n idee te gee van presies waar hy oor Pienaar se gronde twyfel. Die probleem met ’n webwerf soos dié van Netwerk 24 is dat mens naas die resensie gekonfronteer word met kommentaar deur mense wat stiksienig is, om dit sagkens te stel, en wie se menings wat my betref nie verdien om naas dié van ’n intellektueel soos André Bartlett te staan nie. ’n Mens moet waak teen die bekruipende, hovaardige dweepsug van mense wie se enigste raakpunt met jou die taal is wat julle besig.

Martie Reief-Meiring resenseer Die potlooddief se bruid, deur Keina Swart. (Rapport Boeke) Dit is ’n baie lang gesprek wat Retief-Meiring hier aansny: Wat is besig om met die Afrikaanse media te gebeur? Sy het begrip vir die beperkinge waarmee Keina Swart te kampe het, en die klimaat en konteks waarbinne haar rubrieke verskyn. Wat vir my belangrik is, is dat sy Swart hoog aanslaan as skrywer, as bedrewe gebruiker van die woord. Wat Retief-Meiring egter uitwys, is dat tye verander het. Iemand soos Swart kan nie staat maak op die bou van ’n durende gevolg nie. Die publikasiemedium bly konstant, sy gebruikers nie. Gaan dinge lank genoeg vastigheid kry vir Swart om soos ’n Audrey Blignault vanouds ’n fanatieke lesersgevolg te bou? Of begin sy met elke seisoenswisseling opnuut? Soos gesê, ’n lang debat. Intussen is dit gerusstellend om te weet dat daar steeds rubriekskrywers is wat fynproewerswerk lewer.

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page