top of page
  • Uitmelkbos

VER BOSPAAIE MET DAPPER EN STAPPER


Op so n staptog is jy darem nie op eie houtjie nie, wel  in die geselskap van gewapende veldwagters.  Nogtans sal die ervaring seker baie mense broos en weerloos laat voel.  Vir ander is dit die ware Jakob, ‘n ware wildernis-ervaring waar jy “werklik leer leer luister, kyk, ruik, tas en proe”.   

Hierdie is die woorde van Rian Swiegers, ‘n stap-entoesias, wat sedert 1990 reeds al die KNP se staproetes snuifgetrap het. Sy stap-ervarings het hy nou uitvoerig opgeteken in ‘n selfgepubliseerde boekie, “Kronkelpaadjies (en kronkelpraatjies) deur die Krugerwildtuin”.  

Ander ervare stappers sal hul eie belewenisse waarskynlik graag teen syne wil opweeg. Die boek is, na my oordeel, egter veral aan te beveel vir mense vir wie stap in die Wildtuin nog net  ‘n vonkel in die oog is – dié wat droom maar dalk nog huiwer.

‘n Beter “handleiding”, gids en groter ongekunstelde liefde vir stap en die natuur sal hulle nêrens kry nie.   Al die avontuur en bekoring is in Swiegers se stap-memoires vasgevang.   Hy skryf prakties en filosofies, en laat ‘n mens wens jy kan saam met hom en ‘n kundige veldwagter onder die sterre ‘n vuurtjie sit en stook.  Soos jou voete die dag, sal jou gedagtes op so ‘n aand jou op verre paaie vat. 

Vir navrae:  rian.swieg@gmail.com

2 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page