top of page
  • Izak de Vries

Velcro en die Islam

Enige iemand wat aanvaar dat godsdiens ’n statiese, onveranderbare proses is, moet gerus lees wat Yazeed Kamaldien skryf oor sy ervaring van die hajj. (Kliek hier.)

Kamaldien vertel op ’n eenvoudige, dog intelligente, manier hoe die tradisie van die hajj moes ruimte maak vir moderne eise – sonder om die essensie van die rituele prys te gee.

Dis hoe hierdie goed werk. As jy mooi gaan kyk, het talle religieuse tradisies ’n oorsprong in die verre verlede. Die ritueel word nog uitgevoer, maar die oerkonteks is dikwels nie meer bekend nie.

Kamaldien is ’n moderne, gelowige Moslem. Hy verstaan die ritueel en die konteks daarvan.

Moet ander gelowe ook vernuwe?

Baie mense wat hier blog, het in ’n Christelike milieu grootgeword. Dink ’n bietjie oor ons eie rituele. Kersfees is om die draai en baie van ons vier dit sonder om die oorsprong van die tradisie te probeer onthou. (Daar was beslis nie Kersliggies in Betlehem se strate nie – tog is my seun betower deur die liggies. My seun dring ook aan om op Kersaand koekies en melk onder die Kersboom te los!)

Aan die eenkant herdenk ons ’n Bybelstorie, aan die ander kant herdenk ons die paganistiese fees van die ligte. Die fees van die ligte, wat die oorsprong van ons Kersversierings is, het óók ’n dieper betekenis.

Uiteindelik, dink ek, is al hierdie rituele ’n manier om ons te help om meer vir mekaar om te gee.

2 views

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page