Wat alles gaan deur ‘n ma se gedagtes as haar oudste kind die dag 40 word?
Op die groot foto klink Tokkie en Johan ‘n glasie by sy 40ste op Woensdag 14 September op George waar hy, Mariza en Migael nou woon en waar hy ‘n karwas bedryf.
Die klein foto’tjie is van sy tuiskoms by Kmdt. Senekelastraat 33, Bloemfontein, rondom 20 September 1971.
In ‘n vorige blog het ek dit sy “eerste tuiskoms” genoem, nadat hy op ses maande terug is hospitaal toe met diabetes mellitus. Eers drie maande later, in die winter van 1972, was sy “tweede tuiskoms”. Toe kon hy al loop.
Op 7 April 2012 sal Johan 40 jaar op insulien wees – ‘n feit wat medici nogal verras.
Comments