top of page

VARK VAN ‘N ANDER KLEUR

  • Uitmelkbos
  • Mar 6, 2010
  • 1 min read

Hiënas wat hulle soos varke gedra, ken die Van Deventers uit eie skande en skade. Hulle is een van die handelsmerke van Sabiepark in die bos.

Met varke wat hulle soos hiënas gedra, was ons onvertroud. Tot vandeesweek in die pragtige nasionale Wildernispark in die Tuinroete.

Toe ons een oggend wakker word, staan nie een vullisdrom regop nie. Die onbehaaglike inhoud lê verstrooi van hut tot hut.

Nou wat de drommel?

Die geheim is gou deur een van die park se manne opgeklaar. Die bosvarke was op hul periodieke strooptogte – drie nagte in ‘n ry. Die bene van ‘n T-been-steak is klaarblyklik onweerstaanbaar.

Bosvarke! As dit hiënas was, sou jy die verskil in die resultaat nie juis kon raaksien nie.

Tokkie wat die derde nag om 03:30 een in die lig van haar flits goed bekyk het, rapporteer egter dat ‘n bosvark ongetwyfeld mooier is as ‘n hiena, en ook strate mooier as ‘n vlakvark, veral weens sy digte pels.

Recent Posts

See All
Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

 
 
 
SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

 
 
 

Comments


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page